Project Description

Welkom by Affie-atletiek!

Afrikaanse Hoër Meisieskool is  nie net ‘n top-atletiekskool nie, maar het ook ‘n groot liefde vir atletiek. Dit is duidelik sigbaar as daar na die hoeveelheid atletiekspanne (A- B- en C-span) en sukses van ons atlete gekyk word.

Ons hoë standaarde word toegeskryf aan kwaliteit afrigting, toewyding van ons atlete en ‘n algehele sterk spangees. Ons streef daarna om elke atleet tot haar volle potensiaal te laat ontwikkel. Dit is die dinge wat ‘n werklikheid is by Affie-atletiek en waartoe ons, ons met trots beywer.

Prestasies: 2017

GAUTENG NOORD KAMPIOENSKAPPE

0/16

Carla Ferreira                          400m (61.14)                       4de plek

Joane Gerber                          Verspring (5.18)                   4de plek

Bea-Marie Werner                 300H (45.88)                        1ste plek

90H (14.09)                                 3de plek

Angelique Strydom                400m (58.47)                        1ste plek

Britnny Ritchie               Gewigstoot (12.34)                       2de plek

Claire Ritchie                  Gewigstoot (10.60)                       6de plek

Simonne Kruger             Gewigstoot(10.34)                        7de plek

Diskus (32.58)                         4de plek

Caelin Coetzee                  Hoogspring(1.60)                        1ste plek

Karla Burger                     Hoogpsring (1,45)                        3de plek

Johnè Aucamp                          800m (2.13.27)                    3de plek

0/18

Janie Janse van Rensburg        800m (2.17)                        4de plek

Sabelle Jacobs                             400m (62.16)                      6de plek

Zeney van der Walt                    400m (55.34)                      1ste plek

400Mh (60.03)                  1ste plek

Jana Ferreira                              Verspring (4,84)                  6de plek

Jeanne de Beer                           3000m (10.56)                     5de plek

Nicola Gibbon                             400m (57.02)                       4de plek

400Mh (64.41)                    4de plek

Mianco Kotze                                 800m (2.19)                       5de plek

0/20

Christine Pronk                            1500m (5.16)                        6de plek

SA Kampioenskappe

Caelin Coetzee behaal ‘n 5de plek in hoogspring tydens die SA skole kampioenskappe in Durban.

Tydens die ASA Nasionale kampioenskappe te Groenpunt stadion in die Kaap behaal Nicola Gibbon ‘n 5de plek in die 400m vir vroue 0/18 en Janie Janse van Rensburg ‘n 6de plek in die 800m, ook vir vroue 0/18.

Een van die hoogtepunte van die kampioenskappe was Zeney van der Walt wat deelgeneem het aan die 400m en 400m hekkies vir vroue 0/18. Sy wen albei die items in persoonlike bestes en kwalifiseer ook vir die Afrika Jeug kampioenskappe asook die IAAF Wèreld Jeug kampioenskappe. Sy was ook lid van die 4x400m span wat ook as wenners gekroon is met ‘n nuwe SA rekord. (Die betrokke rekord het vir 17 jaar gestaan).

Individuele prestasies 2016

Agt atlete kwalifiseer vir 2016 se Suid-Afrikaanse Kampioenskap en ‘n totaal van 9 medaljes word verower. Die atlete is as volg:  Brittny-Ann Ritchie (DG en GS), Johnè Aucamp (1500m), Marzaan Loots (300mH), Jeanè Minnaar (HG) Jeannè de Beer (1500m en 3000m), Kaylee de Swardt (DG en GS), Zeney van der Walt (400mH) en Yolandi Stander (DG en GS).

Yolandi (17 jaar oud) kwalifiseer vir die Afrika Junior Kampioenskap, dogters o/20, met haar diskus(48,27m). Sy  kwalifiseer ook vir die SA-Senior Kampioenskap wat plaasgevind het in Stellenbosch. Yolandi is deur ASA genooi om deel te neem aan die ASA-“night series” wat in Port Elizabeth plaasgevind het. Sy behaal by albei die byeenkomste die 3de plek.

Yolandi is ook opgeneem in die Suid-Afrikaanse span wat later vanjaar aan die IAAF-Junior Wêreldkampioenskap in Pole deelneem.

Dis die derde keer wat sy Springbokkleure verwerf.

Zeney van der Walt (16 jaar oud) word  die 5de Affie in vier jaar wat Suid-Afrikaanse kleure verwerf. Sy kwalifiseer vir die 400m-hekkies, dogters o/18, met ‘n tyd van 59,31s. Met die tyd kwalifiseer sy ook vir die Junior Wêreldkampioenskap, maar is te jonk om daar deel te neem. Volgende jaar het sy geleentheid om vir die IAAF-Wêreldjeugkampioenskap te kwalifiseer.

Afrigters

Enige atleet of span se sukses kom nie vanself nie en daarom beywer ons ons by Affie-atletiek om kwaliteit afrigting te bied aan ons atlete. Ons het hoogs gemotiveerde en toegewyde afrigters by Affie-atletiek.

Worpe ( gewigstoot en diskus)      Pierre Blignaut,  Assistent:  Wanzèl Breytenbach

Spiesgooi                                            JP Engelbrecht

Verspring/driesprong                      Francois Fouchè

Hoogspring                                        Charmaine Gale/Weavers, Assistent:  Talita Vorster

Naellope en Hekkies                        Maritza Coetzee

Middelafstande                                 Dion Saayman, Assistent:  Wikus van Schalkwyk

Oefentye

Gewigstoot en diskus                      Ma 14:15-15:30 en Do 14:15-17:00 tegniek

Di en Do –14:15-15:15 kondisionering by ons biokinetikus.

Spiesgooi                                         Ma en Wo 14:15-15:15 tegniek

Di en Do –14:15-15:15 kondisionering by ons biokinetikus.

Verspring/driesprong                                14:30-16:00 tegniek

Di en Do –14:15-15:15 kondisionering by ons biokinetikus.

Naellope en hekkies                        Ma-Do 14:30-16:30

Middelafstande                                Ma-Vr 14:30-15:45

Byeenkomste

Affie-atletiek bestaan uit twee seisoene, naamlik voor- en hoofseisoen. Ons neem deel aan twee tot drie massabyeenkomste voor spanne gekies word.  Die hoeveelheid van atlete in spanne berus op die aanbiedende skool se vereistes.

Voorseisoen ( Augustus – Oktober)

Die voorseisoen skop af met ons jaarlikse Affieletics, ‘n massa-atletiekdag met groot opwinding en pret. Die byeenkoms dien ook as uitdunne vir volgende jaar se interhuis.

Atlete wat nog nie Affies-leerders is nie, hoef nie bekommerd te wees nie, daar sal weer geleentheid wees vir julle om deel te neem.

Affie-atletiek neem in September deel aan die eerste massabyeenkoms te Eldoraigne, wat ook as voorbereiding dien vir Top 12 te Pilditch.

Van daar af reis daar drie verskillende spanne na onderskeidelik Bloemfontein (Clover-atletiek byeenkoms), Pietersburg (Marius Lenghton byeenkoms) en Naboomspruit (Top 10).

Ons sluit die voorseisoen af met die Top 30 in Potchefstroom. Hier skryf Affie-atletiek 2 spanne in.

Oefening gaan wel nog aan tot einde November, waar daar dan aan elke dogter ‘n oefenprogram gegee sal word vir die vakansie. Die program moet dan streng nagevolg word sodat ons ‘n suksesvolle hoofseisoen kan beleef.

Oefenkampe en kursusse

By Affies bied ons jaarliks ‘n oefenkamp aan en dit vind gewoonlik plaas die week voor die skool in Januarie begin.

In 2015 het ons atlete die voorreg gehad om aan oefensessies saam met die Britse afrigters deel te neem.

Hulle was in terselfdertyd in Stellenbosch, ook vir ‘n oefenkamp ter voorbereiding vir die Olimpiese Spele 2016.

Ons dogters kon ook met ‘n oudatleet soos Linford Christie (Olimpiese goue medaljewenner) kennis maak en sy suksesstories verneem.

In 2016 reis Affie-atletiek na Port Elizabeth, waar ons op die bane van NMMU geoefen het. Weereens het ons wêreldklas afrigters betrokke gemaak, soos Jenny Kingwill ( Afrigter van Rashwall Samaai), Steven Swarts ( Nasionale afrigter en pa van Wayde van Niekerk) en vele meer.

Ons oefenkamp van 2017 gaan in Kaapstad plaasvind. Voornemende graad 7’s is ook baie welkom om deel te neem aan die kampe. Ons beoog om die kamp vanaf 2-7 Januarie 2017 te hou.

Affie-atletiek het ook ‘n diskuskursus onder leiding van die oud-Springbok Elizna Naudé aangebied, waar dogters vir 2 – 3 uur hul tegniek kon inoefen ter voorbereiding van ons interhoërs.

Sunette Viljoen (huidige Springbok) was verantwoordelik vir die spiesgooi. Ons atlete is in ‘n bevoorregte posisie om deurgaans blootgestel te word aan wêreldklas atlete en afrigters.

Borge

Affie-atletiek se hoofborg  vir die afgelope drie jaar is, FUTURE LIFE. Atlete word maandeliks van pap, proteïenstafies, waterbottels en “shakers” voorsien.