Project Description

BERGFIETS

Bergfietsry is besig om vinnig opgang by Affie-meisies te maak en ons spog nou met ʼn hele span uitmuntende fietsryers!

Die Spur in samewerking met Anatomic bied ‘n Hoërskole Bergfietsreeks aan vir fietsryers van ouderdomme 13 tot 18 jaar. Die reeks bestaan uit vier wedrenne en word aangebied by verskeie skole gedurende Julie, Augustus & September maand. Die seisoen eindig met ʼn Nasionale finaal in Oktober waar skole van 9 Provinsies asook Namibia & Botswana deelneem vir die eksklusiewe Nasionale Skool beker.

As jy wil fiks word en pret hê is die ʼn wonderlike sport om van deel te word. Energie, entoesiasme, ‘n bergfiets en helmet is al wat jy nodig het!

UITSLAE:

Susan Kruger in (gr. 11) het deelgeneem aan die XTerra SA’S vir die ‘off road ‘ 3-kamp. Sy behaal ‘n algehele 3 de plek by die O’18 groep en ‘n algehele 6 de plek van die vroue-afdeling. Susan is ook opgeneem in die Gauteng-Noordspan vir pad-driekamp.

Inskrywings en oorvleueling van Sportsoorte 

  • Inskrywings vind aan die begin van die skooljaar plaas.  Daar is geen proewe wat gehou word nie en enige leerder kan deel word van die span.
  • Sportsoorte oorvleuel wel by Affies.  Aangesien daar nie verpligte oefeninge tydens die week is nie, kan die leerder nog steeds aan ander sportsoorte deelneem en die betrokke oefeninge en wedstryde bywoon.

Oefengroepe, proewe en oefendae

  • Daar word geen proewe gehou nie – almal kan deel word van die span.
  • Daar is geen vaste weeklikse oefentye nie, wat die leerder die geleentheid gee om aan ander sportsoorte deel te neem.
  • Informele “uit-ritte” vind saam met die AHS seuns plaas, op Woensdaemiddae na skool, na en by Groenkloof Natuurreservaat.
  • Donderdae middae  –  Fiksheid en spierkrag oefeninge saam met AHS se fietsryers, deur AHS se Biokinetikus, op AHS se gronde.   Die fooie en finansies hieromtrent word deur die biokinetikus self gehanteer, sy reik die fakture uit stuur aan die betrokke ryer se ouers vir vereffening.
  • Formele oefeninge oor naweke en vakansie tye sal plaasvind, waar aandag aan tegniese vaardighede en fiksheid gegee sal word.
  • Alle oefening-sessies sal aan die leerders en hul ouers gekommunikeer word.

Spanindeling

  • Die wedrenne vind in die volgende ouderdoms kategoriee plaas:
  • o/14 “Sub Junior Girls”
  • o/15 “Youth 15 Girls”
  • o/16 “Youth 16 Girls”
  • o/17 & 0/18 “Junior Women”

Afrigters

  • Vaardige ouers, wat saam met die leerders oefen, sal hul tegniese vaardigheidskennis oordra aan die leerders.
  • Die hulp van eksterne/professionele sportspersone sal ook by spesiale oefensessies teenwoordig wees.