Project Description

KULTUUR

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool is dié plek om jou ingebore kreatiewe vermoëns uit te leef en te ontwikkel. Hier by die Afrikaanse Hoër Meisieskool lewer ons jaarliks nie net toppresteerders met ons deelname aan kultuuraktiwiteite op nie. Die Afrikaanse Hoër Meisieskool se uitgangspunt, ten opsigte van deelname aan kultuuraktiwiteite, is om vir soveel moontlik leerders ‘n geleentheid tot ‘n welkome kultuur-tuiste te skep, want …                                                                                                     

KULTUURAKTIWITEITE LÊ ONS NA AAN DIE HART

en daarom

MAAK ONS AMOK IN ONS TAAL! (met apologie aan Amanda Strydom)

 Vir óns blink die Afrikaanse kultuuraktiwiteite soos ‘n diamant met baie fasette! Afrikaans en  kultuuraktiwiteite aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool vul mekaar aan.  François-Marie Arouet Voltaire (1694-1778) se beginsel, “‘n digter moet skilder en ‘n skilder moet kan dig”, vorm ons vertrekpunt dat taal en ‘n verskeidenheid kultuurfasette mekaar moet aanvul!