Project Description

ATLETIEK

Welkom by Affies-landloop

 

By Afrikaanse Hoër Meisieskool is landloop ‘n sportsoort waar elke dogter welkom is! Hier is harde werk en ontwikkeling van elke atleet die boustene van ons sukses.

Affie-landloop neem aan beide die Johannesburg- en Pretoria-ligas deel. Die Johannesburg-liga wat reeds in die tweede kwartaal begin, dien ook as goeie voorbereiding vir die Pretoria-liga in die derde kwartaal.

 

Prestasies: 2015

Johannesburg-liga

Affie-landloop skop in die tweede kwartaal die seisoen af deur aan die Jhb-liga deel te neem. Die liga bestaan uit vier ligas: ‘n inter-distrikte, waar dogters volgens hul individuele prestasie gekies word en dan die spanfinaal.

Om deur te dring na die spanfinaal moet jou skool top-drie eindig in die liga. Ons juniors en seniors eindig vir die afgelope vier jaar in die top-drie. In 2015 wen Affie-landloop se juniors en seniors die liga en dring deur na die spanfinaal. Tydens die spanfinaal wen Affie-landloop weer eens die junior en senior afdeling.

Pretoria-liga

Met ‘n goeie en suksesvolle kamp agter die rug is Affie-landloop reg vir die moordende Pretoria-liga.

Ongeveer 2000 atlete neem tydens die liga deel en is lankal nie meer ‘n kleinsport nie. Ons eerste liga vind plaas op die velde van FH Odendaal en Affie-landloop se juniors maak skoonskip terwyl ons seniors in die tweede plek eindig na die eerste liga.

Na vier ligas eindig Affie-landloop se juniors eerste en die seniors derde.

Affie-landloop wen die Pretoria-liga. Dit is ‘n uitsonderlike prestasie, aangesien dit vir die tweede keer in die geskiedenis van die skool gebeur het. Vyf dogters ontvang individuele toekennings tydens die Gauteng-Noord-skolelandloopfunksie.

 

Affie-meisies se juniors en seniors dring deur na die Noordvaal-kampioenskap wat in Potchefstroom plaasgevind het. Affie-landloop se top-ses juniors en seniors asook twee aflosspanne het hier deelgeneem.

Affie-landloop se A-aflosspan behaal die algehele eerste plek met ons B-span wat in die tweede plek geëindig het.

Ons top-ses juniors en seniors eindig derde algeheel – weer eens ‘n uitsonderlike prestasie!

Twintig dogters kwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap deel te neem.

 

Oefenkampe

Affie-landloop bied jaarliks oefenkampe aan. In 2014 was die hoogte bo seevlak in die Drakensbergevir vyf dae ons tuiste. Die kamp is meegemaak deur die atlete van Hoërskool Centurion.

In 2015 reis Affie-landloop na die Oos-Vrystaat om die koue van die Korannaberge te gaan trotseer.

Ons 2016-kamp vind in Parys op die avontuurplaas, Hakuna Matata plaas.

Dion Saayman, welbekende afrigter en ook die afrigter van Afrikaanse Hoër Meisieskool se middelafstande en landloop, bied ons jaarlikse kampe aan. Onder sy leiding het 12 atlete Springbokkleure verwerf, waarvan 11 vroue was. Onder andere was hy ook die afrigter van beide ons oud-Affie-Springbokke, Aynslee en Kyla van Graan. Die twee sussies studeer tans met ‘n sportbeurs in Amerika waar hulle op akademiese, atletiek- en landloopgebied uitstekend presteer.

Ons is ook bevoorreg dat hul albei saam met ons gaan kamp en hul wyshede ook met ons huidige atlete kan deel. Hulle word tans in Amerika deur die oud-Springbok, Zola Budd, afgerig.

 

Oefentye

Oefensessies vind vanaf Maandag – Vrydag vanaf 14:30 tot 15:45 plaas. Alle atlete kom op AHS se velde bymekaar.

Ons maak ook van  PBHS se terrein vir van ons oefensessies gebruik.

 

Wedlope

Wedlope vir die Johannesburg-liga vir 2017 sal eersdaags bekendgestel word.

Pretoria-liga

Liga 1                                     20 Julie 2017               Midstream College

Liga 2                                      27 Julie 2017                FH Odendaal

Liga 3                                      3 Aug. 2107                  PBHS

Liga 4                                      10 Aug. 2017                Willowridge

AGN-kampioenskap              20 Aug. 2017                Bronkhorstspruit

Noordvaal                              27 Aug. 2017                Nelspruit

SA’s                                        10 Sept. 2017               George