Project Description

REDENAARS & DEBAT

REDENAAR- EN DEBATKOMPETISIES – nog ‘n faset in ons blou-kultuurdiamant

By die Afrikaanse Hoër Meisieskool LEEF, EET en DROOM ons Affie-leerders redenaars en debat – Afrikaans lê juis so  “volrond in ons monde” (met apologie aan Laurika Rauch).

REDENAARS

Die maksimum toegelate getal Affie-leerders neem aan vele redenaarskompetisies deel!

  • ATKV-REDENAARS: Nasionale Kompetisie
  • Dié kompetisie is sinoniem met die Afrikaanse Hoër Meisieskool se redenaars waar die klem op genotvolle, maar veral ook op kwaliteit-deelname geplaas word.
  • Affie-redenaars se junior en senior sprekers neem ewe volmondig aan die voorbereide sowel as onvoorbereide kategorieë deel.
  • Geleentheid word aan beide Huistaal- as Addisionele Taalsprekers (onder andere Sotho, Sepedi, Zulu) gegee, om te redeneer.
  • VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES: Gauteng-Noord
  • Dié Oratorsfees is by uitstek daarop gemik om redenaars in onvoorbereide redenaartegnieke te skoei.
  • 10 spanne (4 redenaars elk) en 10 indiwiduele sprekers neem jaarliks aan die gewilde plaaslike kompetisie deel.

2017-PRESTASIES:

Itumeleng Maluleka: Gr 12 leerder en vise-president

Neem deel aan ATKV Redenaars Addisionele Taal se Onvoorbereide afdeling vir Senior Hoërskoolleerders

Itumeleng se redenaars Geskiedenis:

  • 3 keer landswye wenner
  • Gr 5 Landsfinaal Huistaal
  • Gr 7 Landsfinaal Huistaal
  • Gr 8 Landsfinaal Addisionele Taal EN Landswye wenner
  • Gr 9 Landsfinaal Addisionele Taal EN Landswye wenner EN Beste Taalgebruiker
  • Gr 10 Landsfinaal Addisionele Taal EN 3de plek EN Beste Taalgebruiker
  • Gr 11 Landsfinaal Addisionele Taal EN Landswye wenner EN Beste Taalgebruiker
  • Gr 12 Landsfinaal Addidionele Taal

Radikale Redenaars (2013-2016) GR8-GR11 Landswye wenner

Lethabo Mosoma: Gr 9 leerder

Neem deel aan ATKV Redenaars Addisionele Taal se Voorbereide afdeling vir Junior Hoërskoolleerders

Abigail Tollig: Gr 9 leerder

Neem deel aan ATKV Redenaars Huistaal se onvoorbereide afdeling vir Junior Hoërskoolleerders

  • RADIKALE REDENAARS: Nasionale Kompetisie
  • Ongeveer 50 leerders word jaarliks ingeskryf in die Kategorieë: Afrikaans, Engels Addisionele Taal (EAT) en Afrikaans Addisionele Taal (AAT).
  • OPPIE TONG AF-REDENAARS

Dié kompetisie word vanjaar van stapel gestuur. Affie-redenaars sal beslis deelneem.

DEBAT

As ‘n leerder van die Afrikaanse Hoër Meisieskool van iets oortuig is, sal sy sommer “blou keppies” aan enige-iemand verkoop! Debat is ‘n belangrike kultuuraktiwiteit!                

1e spreker: Opponent, ek het mos aan jou bewys dat BLOU NIE NET ‘N KLEUR IS NIE! 

2e spreker: Goed Opponent, jy het my oortuig – BLOU IS ‘N LEEFWYSE – ek sal

enige kleur vir die “Affie-blou” verruil!

 ATKV-DEBAT: Nasionale Kompetisie

Volgens ATKV-statistiek is die Afrikaanse Hoër Meisieskool landwyd tussen 2005 en 2015 die suksesvolste debatskool in die junior afdeling met:

  • 3 eerste plekke, 4 tweede plekke en twee derde plekke.
  • Die Afrikaanse Hoër Meisieskool was in die tyd slegs drie keer nie op die podium nie.

2015-PRESTASIES: twee junior spanne dring na die landsfinaal deur. Liesel Horn, Leah Warmenhoven, Jolene Muller (gr.9) is tweede in die land. Liesel Horn verwerf die Beste Taalgebruiker-medalje.

  • AFRIKAANSE HOËR MEISIESKOOL vs C & N MEISIESKOOL ORANJE:

Sport-Kultuur-Uitruilnaweek

  • Die Afrikaanse Hoër Meisieskool is ‘n “tradisie”-skool. Een van die jaarlikse blou-blink-tradisies is die uitruilnaweek tussen die BLOU-SKOOL van Pretoria en die ORANJE-SKOOL van Bloemfontein!
  • ‘n Hoogtepunt van dié naweek se blink-blou aktiwiteite is die Vriendskaplike Onvoorbereide Debatkompetisie (3 senior en 3 junior debatteerders)! Oranje, Blanje, Blou is na só ‘n naweek nooit weer dieselfde nie – ORANJE word die NUWE BLOU en BLOU kry ‘n ORANJE SKYNSEL!