Project Description

SKAAK

Toernooie:

Ons het weer in 2017 aan die Grey College Uitnodigingstoernooi, All Girls Festival en teen Oranje Meisies Hoërskool deelgeneem.

Afrigting:

Ons skaak-afrigter is Wiaan Pretorius, wat vir die SA onder 21-span nommer 2 speel en die jongste afrigter was van ‘n span wat in hulle kategorie goud op SA-vlak verower het.

Liga:

Ons neem jaarliks aan die Meisieskaakliga deel. Ons het ‘n onder 15-span en ‘n onder 18-span, tans beklee albei die 2de plek.

Ons het gereeld spelers wat aan die SA kampioenskap deelneem. Lara het hierdie jaar distrik D4 se individuele kampioenskap gewen!

Liga: 2e in o/15 meisies liga, 3e in o/19 meisies liga in ons distrik

Toekennings

Lara van Heerden, Gr9, het aan Skaak SA geslote kampioenskap deelgeneem en onder die eerste 10 geëindig. Sy het SA kleure en Chessa kleure verwerf!

Sy het aan die “World Youth U16 Olympiad Team Chess Championships” in Slovakië gaan deel te neem in Julie, die SA span was 54e op die ranglys en het 48e geëindig.

Lara het ook in Augustus aan die “African Youth Chess Championships 2016” gaan deelneem en 9e in AFRIKA in die o/16 Afdeling gekom.

Baie geluk, Lara!