Project Description

SPORT

Sport by Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria speel ‘n belangrike rol in die vorming en ontwikkeling van leerders.  Die prestasies van Affies is op provinsiale, nasionale en selfs internasionale vlak bekend.

Affies word aangemoedig om gebruik te maak van die sportgeleenthede wat die skool aanbied om op só ‘n manier te ontwikkel as gebalanseerde jongmense.

Affies-meisies bied aan elkeen wat aan sport wil deelneem die volgende:

  • Die beste afrigting
  • Die beste geriewe
  • Kompetisies om tot die hoogste vlak mee te ding
  • Ons hokkiespelers draf uit op ‘n Astrobaan – een van die min skole in die land wat hiermee kan spog.
  • Die spoggerige klubhuis wat oor al die sportvelde uitkyk, is ons trots.
  • Affies het twee swembaddens albei is verhit en ons swemmers kry die hele jaar top afrigting.

Ons bied 12 sportsoorte aan: 
Atletiek, Bergfiets, Gholf, Hokkie, Landloop, Netbal, Ruitersport, Sagtebal, Skaak, Tafeltennis, 
Tennis en swem. 

Ons organiseerders is:

  • Mej Maritza Coetzee: Atletiek en landloop.
  • By die hokkie jaag mev Hilda Christie die Affies flou.
  • Die organiseerder by gholf is mev Gerda Rautenbach leerders kan by haar gaan aanklop.
  • Ons netbalspanne is in goeie hande by mev Maggie du Plessis en Amanda Mynhardt wat ‘n internasionale skeidsregter, asook op haar dag ‘n Springbok netbalspeelster was.
  • Mev Lize Bloem is verantwoordelik vir die swem.
  • Mev Carina Kruger is die skaakorganiseerder.
  • Mev Antoinette le Grange hanteer die tennis.
  • Mev Chrisna Swanepoel neem leiding by die sagtebal.
  • Moenie vergeet van die perderuiters nie. Hulle is ook baie bedrywig! Mev Beatrix Kotzé is hulle organiseerder.
  • Van natuur tot teerpad met ‘n bergfiets, mev Mariëtte Pienaar sorg dat die fietsers rond jaag.
  • Mnr Pieter van Veijeren sorg dat die tafeltennis leerders genoeg enkel- en en dubbelspelle speel.