Project Description

SWEM

Ek sien haar SWEM

Swem by AHMP is een van die groter sportsoorte, met 600 deelnemers aan die huisgala en vier spanne wat aan 4 verskillende ligas deelneem. Daar  word ongeveer 110 swemmers in die 4 spanne ingesluit. AHMP is die enigste skool wat 4 swemspanne het en gedurende 2016 het die 4 spanne puik presteer deur 4 ligas te wen.

HUISGALA

AHMP-huisgala is ‘n feestelike geleentheid met die hele skool wat die oggend by Hillcrest deurbring. Die huisgala is ‘n baie ernstige geleentheid, aangesien dit dien as proewe vir die vier swemspanne.

Die huisgala word streng volgens FINA-reëls, met NTS-beamptes, elektroniese raakplate, drie tydhouers per laan en elektroniese dataverwerking aangebied.

Die dag word opgevrolik met dirigente wat die verskillende huise laat sing. Dit is die nuwe Gr 8’s se eerste kennismaking van ware Affie-wees.

Die nuwe Affie-onderwysers kan nie net klasgee nie, maar ook swem! Hulle aflosspan, wat teen die matrieks deelneem, is beslis ʼn hoogtepunt.

Na die Huisgala word die Junior en Senior Victrix Ludorum, asook die beste swemmer in elke ouderdomsgroep aangewys. Daar is ook ‘n Geesbeker en ʼn Spanbeker.

Uitslae:

Geesbeker:  KOSHUIS

Spanbeker: VERSTER

Beste O/14: Duné Coetzee

Beste 0/15: Kirsten Kleynhans

Beste 0/16: Abigail Havenga

Beste 0/17: Carmen Botha

Beste Ope: Nastasiya Vrey

Junior Victrix Ludorum: Duné Coetzee

Senior Victrix Ludorum: Carmen Botha

SWEMLIGAS:

Gedurende die jaar vind daar vir elke span agt vriendskaplike galas en ‘n Interhoër plaas.

Die vier swemspanne swem onderskeidelik in die A-, B-, C-, en D-liga. In 2016 het hulle die A-, B-, C- en D-liga se dogtersafdeling gewen.

A-span:

Die A-span laat die water spat en wen die A-liga.

  • AHMP: 362 punte
  • Menlopark:                  338 punte
  • Cornwall Hill College: 324 punte

 

  • Carmen Botha is aangewys as die Senior Victrix Ludorum.

 

  • Duné Coetzee is tweede as Junior Victrix Ludorum.

 

  • Twee individuele rekords: Carmen Botha en Mieke Kotze

 

  • Een aflosrekord: O/19-meisies (Vryslag)

8 Indivuduele eerste plekke

  • (Carmen Botha x 2, Duné Coetzee x 2, Eune Odendaal, Nastasiya Vrey, Mieke Kotze)
  • Aflosse: 4 eerste plekke (O/1- Medley en Vryslag; O/19-Medley en Vryslag)

 

 

B-span: B-liga

Die B-span wen die B-liga.

  • AHMP B 363.50 punte
  • Woodhill College A 306 punte
  • Menlopark B 286 punte

6 Individuele eerste plekke:

  • Danielle West, Amy de Paiva, Cormarie Jordaan x 2, Kayla van der Westhuizen, Carla van den Berg

5 Aflos eerste plekke:

  • O/14 Medley, O/16 Medley, O/17 Medley en Vryslag, O/19 Medley

 

C-span: C-liga

Die C-span wen die C-liga.

Hierdie gala is weens erge donderweer halfpad gestop. AHMP-C wen egter die gala, aangesien ons op daardie stadium voor was.

  • AHMP-C:  152 punte
  • Tyger Valley College-A:  151 Punte
  • St Mary’s DSG-A:  150 punte
  • Menlopark-C:  128 Punte

Affies maak ons trots en wen twee uit die 4 aflosse:  O/15-Medley, O/17-Medley

 

D-span: D-liga

Die D-span wen die D-liga.

  • AHMP-D:  362 punte.
  • Curro College Hazeldene-A: 315 punte
  • Hoërskool Waterkloof-B:  307 punte

 

  • 3 Individuele eerste plekke : Alet Bruyns, Nina Maree, Madre van der Merwe
  • Aflosse: 5 eerste plekke: O/14-Medley en Vry, O/15-Vry, O/19-Medley en Vry

 

 

 

 

SA LEVEL 3-KLUBKAMPIOENSKAP:

Die volgende swemmers het aan die Level 3-Kampioenskap deelgeneem. Dit was die meeste Affies wat nog ooit aan hierdie kampioenskap deelgeneem het.

Nastasiya Vrey, Duné Coetzee, Jana-Marie van Rooyen, Abigail Havenga, Mieke Kotze, Alicia Enslin, Carmen Botha en Euné Odendaal.

Die Affies het die water laat spat en puik presteer. Hulle het 30 plekke onder die eerste 10 deelnemers per item behaal.

Besondere prestasies:

  • Duné Coetzee: 7 Goue medaljes (3 individueel, 4 aflosse) 2 Silwer (individueel) 2 Brons (1 individueel, 1 aflos)
  • Carmen Botha: 2 Goud, 2 Silwer, 1 Brons.
  • Euné Odendaal: Silwer in die 200 m Vryslag

AFRIGTING:

Spesialisafrigting is gratis vir die 4 spanne in ons verhitte swembad dwarsdeur die jaar.

Kwartaal 1 en 4: Oefentye: 14:00 -16:00

Kwartaal 2 en 3: Oefentye 14:00 -15:00

Die swembad word tans uitgekontrakteer aan Diadora. Hulle bied swemlesse aan vir beginners, klublede, volwasse oefengroepe asook lewensredding.

Om lid van die klub te word, kontak Chrisna Luus: 0618058059

SWEMKLERE:

AHMP-swemmers moet met die blou AHMP-swembroek en bekende pienk AHMP-pet swem. Navy handdoek en AHMP-sweetpak as dit koud is. Net swart, navy en wit plakkies mag gedra word na vriendskaplik galas.

Swembroeke en –pette kan by die skool aangekoop word. Kontak mev Bloem in K64.

 

SWEMKLEURE EN –EREKLEURE:

Elke jaar word swemmers se prestasies bekroon deur swemkleure en –erekleure toe te ken volgens sekere kriteria.

SWEMBAD:

Tans word ‘n nuwe 25 m swembad volgens FINA-standaarde aangebou.

AFSLUITINGSFUNKSIE:

Affie-swem se pret vind nie net binne-in die swembad plaas nie. Ons Affie-sussies kom aan die einde van elke swemseisoen bymekaar om al hulle prestasies en ʼn prettige seisoen af te sluit.

By hierdie funksie geniet al die Affie-ouers en Affie-swemmers ʼn smullekker ete en erkenning word aan elke dogter gegee.

In 2016 het ons besluit om die afsluiting by The Barnyard te hou. Die ouers en die dogters het behoorlik ontspan en ʼn vertoning en ete geniet.

 

 

By Affies GENIET ons swem, daarom sien ons haar WEN!