Project Description

TENNIS

Affie-tennis wil elke speelster wat deel word van hierdie familie leer om haar sukses op die volgende waardes te vestig:

  • die passie om te wen
  • die hantering van verloor
  • ‘n enorme groot liefde vir die spel

In hierdie familie is daar ‘n plekkie vir puik speelsters, maar ook vir hulle wat nog wil leer speel.

TOERNOOIE

Affie-tennis gee speelsters blootstelling deur aan die volgende toernooie deel te neem:

  • Nelspruit (Groot Vyf-toernooi)
  • Paarl (Gerrie Berner-toernooi)
  • Oranje Meisies (Interskole)
  • All Girls Festival
  • Amanda Coetzer (Bloemfontein)
  • AHMP 0/15-toernooi
  • Absolut Menlo-toernooi
  • Interne skoolkampioenskap
  • Ope- en 0/15-ligawedstryde
  • Gauteng-Noord kampioenskap

OEFENTYE

  • Tennis-akademie: Maandae en Woensdae 6:30 – 7:30
  • Liga- en toernooispanne: Dinsdae 6:15 – 7:30
  • Beginners: Donderdae: 14:15 – 15:00

KEURING VAN TOERNOOISPEELSTERS

Spanne vir toernooie sal volgens die ranglys, met inagneming van die sterkte van die toernooi, deur die diskresie van die afrigter en organiseerder, bepaal word. Slegs person-teen-persoonuitslae, indien dit ‘n 3-stelwedstryd is, derde stel valbyl (“tie break”), is ook aanvaarbaar en sal in ag geneem word.

TENNIS-AKADEMIE

Spelers word deur mnr. Theuns van Rensburg en ‘n span afrigters hanteer. Vir ‘n speelster om ‘n plek in die Akademie te bekom, moet sy eers deur mnr Petri van Rensburg geëvalueer word. Indien sy aanvaar word, sal verdere inligting aan ouers deurgestuur word.

BEGINNERS

Professionele afrigting vind op Donderdagmiddae plaas (14:15 – 15:00). Daar is minimale kostes aan die afrigting  verbonde.

RANGLYS EN DAAGWEDSTRYDE

Die ranglys verskyn weekliks op die Kommunikeerder. Leerders moet self daagwedstryde by me Laetitia Lourens (afrigter) reël. Die toernooispanne word vanaf die ranglys saamgestel.