Project Description

VCSV

VCSV  (Verenigde Christelike Studentevereniging)

Hier by AHMP is ‘n aktiewe VCSV-groep.  Die aktiwiteite word gereël en bestuur deur ‘n gekose CSV-bestuur met ‘n onderwyser as raadgewende hoof.  Die VCSV is aktief deur die hele jaar, wat die volgende byeenkomste insluit:

  • ‘n Groepaktiwiteit elke Dinsdag gedurende pouse – besprekings, video’s, bidsessies en net lekker kuiers.
  • Aandfunksie een keer per kwartaal saam met AHS en soms ook Pretoria Boys High en Pretoria Girls High.
  • Uitreike na laerskole waar ons met naskoolaktiwiteite help en ook na Abbahuis – ‘n huis van bewaring vir klein kindertjies.
  • Kampe – naweekkampe word gereël en ander VCSV-kampe soos Winkelspruit word bemark.