Skip to content

Affie-netbal speel Gauteng aan die brand

Afrikaanse Hoër Meisieskool spog nie net met vier netbalspanne wat deurgedring het na die Gauteng-uitspele nie – maar al vier hierdie spanne het ook nou vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap gekwalifiseer.

Die poelwedstryde vir die Gauteng-uitspele het vanaf Vrydag, 16 Junie plaasgevind, waarin skole mekaar die stryd aangesê het vir ’n plek in die kwartfinaal.

Die o.14-span dring deur na die finaal waar hulle in ’n naelbyt-wedstryd ’n tweede plek uit meer as 900 hoërskole in Gauteng behaal.

Na ’n senutergende semi-finaal dring die o.16’s ook deur na die finaal en tree as nommer twee in Gauteng uit die stryd.

Die vlagskip-span van die skool, die eerste span, het ook uitnemend gespeel en behaal ‘n tweede plek.

Die eerste span, o/17’s, o/16’s en o/14’s speel volgende kwartaal vir hul plek in die Suid-Afrikaanse kampioenskap. Baie geluk en sterkte aan hierdie dogters en hul afrigters.