Skip to content

Affie-ruiters en hul perde verower 24 plekke in eerste Sanesa-uitdunrondte

Lutri Serfontein (gr 8) het vier 1ste plekke, twee 2de plekke en een 3de plek ingepalm.

Affies se ruitersportspan het uitmuntend presteer by die eerste Sanesa-kwalifiseerder (skoleruitersportkompetisie) wat die afgelope naweek, 11 en 12 Maart, by Eaton Farm in Fourways gehou is. Die span se ruiters het gesamentlik aan 111 verskillende items deelgeneem en 9 700 punte vir die skool ingesamel! Die span het 10 eerste plekke, 11 tweede plekke en 3 derde plekke ingepalm. ʼn Hele rits nuwe gr 8-ruiters het bygedra tot hierdie uitstekende prestasie. Baie geluk aan elke ruiter en perd!

Die volgende ruiters het besonder goed presteer met eerste, tweede of derde plekke in hul onderskeie items:

  • Sienna du Toit (gr 8) met Anjlik Passion: Twee 1ste plekke in dresseer
  • Lutri Serfontein (gr 8) met Serengeti Mojaji Isis: Twee 1ste plekke in dresseer; 2de plek in in-hand utility
  • Dene Pretorius (gr 8) met Abagta Lequila: 1ste plek in equitation
  • Minke Verster (gr 10) met Misti Grix: 1ste plek in skouspring
  • Layla Hunter (gr 8) met Butter Bean Ivoor: ʼn 1ste en ʼn 2de plek in skouspring; 2de plek in equitation
  • Kirsten Louw (gr 8) met Cornerstone’s Black Arrow: ʼn 1ste en ʼn 2de plek in skouspring
  • Lutri Serfontein (gr 8) met Amiratus Orion: 1ste plek in prix caprilli; ʼn 2de en ʼn 3de plek in dresseer
  • Lutri Serfontein (gr 8) met Tokoza Land Cruiser: 1ste plek in in-hand utility
  • Lisa Joubert (gr 8) met CJD Equestrian Rooigras Aragula: 2de plek in dresseer
  • Sienna du Toit (gr 8) met Ebisu Prinzuet: 2de plek in dresseer; 2de plek in performance riding
  • Lisa Joubert (gr 8) met CJD Equestrian Rooigras Aragula: 2de plek in equitation
  • Carlien Pretorius (gr 8) met Rocky Road: 2de plek in equitation; 3de plek in skouspring
  • Karli van Niekerk (gr 9) met CJD Equestrian Double Digit: 2de plek in working hunter
  • Kaylee Buys (gr 9) met Cornerstone Los Abrigos: 3de plek in skouspring

Sienna du Toit (gr 8) het stof geskop in die oë van ander ruiters met twee 1ste plekke en twee 2de plekke.

Minke Verster (gr 10) het ʼn 1ste plek in skouspring gewen.

Layla Hunter (gr 8) het ʼn 1ste en 2de plek in skouspring, en ʼn 2de plek in equitation huis toe geneem.

Karli van Niekerk (gr 9) het ʼn 2de plek verower.