Skip to content

Geluk aan die matrieks van 2023

Hulle behaal ‘n 100%-slaagsyfer. AHMP het nou die trotse rekord van 38 jaar sonder ‘n druipeling.

Hartlik geluk aan elke dogter, hul ouers en die personeel met hul harde werk en toewyding!

Die kwaliteit van ons uitslae word duidelik weerspieël in die groepgemiddeld van 76,69%; ‘n 99,08% (217 leerders)- graadvrystellingsyfer en 3,42 onderskeidings per kandidaat.

OPSOMMING VAN DIE UITSLAE:

  • 219 kandidate slaag, met ander woorde 100%.
  • 217 slaag met graadvrystelling – 99,08% van die groep.
  • Groepgemiddeld van 76,69%.
  • 784 A-simbole vir departementele vakke, plus 15 A-simbole in Alpha Wiskunde.
  • In totaal het die groep 214 A+ -simbole behaal en 549 A-simbole.
  • 17 dogters slaag met ‘n gemiddeld van 90% en meer.
  • 76 slaag met ‘n gemiddeld van 80 – 89%.
  • Annalette du Plessis slaag met 11 A’s plus 1 A vir Alpha Wiskunde
  • Taryn van den Berg slaag met 8 A’s
  • 33 leerders slaag met met 7 A’s
  • 23 leerders slaag met 6 A’s
  • 25 leerders slaag met 5 A’s
  • 24 leerders slaag met 4 A’s
  • 6 vakke spog met ‘n gemiddeld bo 80% en 16 vakke het ‘n gemiddeld tussen
    70 – 79%

Die skool se 10 toppresteerders met gemiddeldes bo 90% soos bereken volgens hulle aggregaat en gemiddelde persentasie is:

  1. Doné Potgieter en Carla Prinsloo (94,71%)
  2. Kara Pretorius (93,71%)
  3. Marie Mennen (93,43%)
  4. Annalette du Plessis (93,29%)
  5. Mia van Heerden (92,86%)
  6. Esté Botha en Danielle le Roux (91,29%)
  7. Mariesa Kotze (91,14%)
  8. Lize Venter (91%)
  9. Mieke Badenhorst en Lize-Marie Alant (90,57%)
  10. Lize Henning (90,29%)
  11. Carli MacDonald (90,14%)
  12. Nina Potgieter (90%)
  13. Megan Strauss en Leah Visser (89,86%)