Die AHMP-orkes is as beste jeugorkes by die gesogte Pretoria Eisteddfod aangewys! Onder leiding van mnr. Eddie Clayton het die orkes ’n A++-toekenning ontvang – die hoogste moontlike lof vir hul tegniese en musikale uitnemendheid. ’n Spesiale woord van dank aan mev. Barbara Wiese, Alna Smit en Natalie Goetsch vir hul onmisbare bydrae tot hierdie uitsonderlike prestasie.
AHMP-orkes blink uit by Pretoria Eisteddfod
