Skip to content

AHMP-redenaars kraai koninginne by Van Huysteens Orators-kompetisie

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het tydens vanjaar se Van Huysteens Orators-redenaarskompetisie haar plek as toonaangewende redenaarskool bevestig. Met ’n indrukwekkende 36 inskrywings wat deurdring na die finaal – die meeste van al die deelnemende skole – het die Affie-redenaars nie net uitgestaan nie, maar ook 14 kategorieë gewen.

Die hoogtepunt was egter die aankondiging dat AHMP as die algehele beste skool aangewys is – ’n uitmuntende prestasie wat reeds vir die derde keer in die skool se geskiedenis behaal is.

Vier talentvolle Affies het besonder uitgeblink deur elk twee kategorieë te wen:

  • Kiki Butler (Graad 10)
  • Anika Snijders (Graad 11)
  • Anabelle Swanepoel (Graad 10)
  • Milla Landman (Graad 8)

Hierdie uitsonderlike prestasie getuig van die harde werk, toewyding en welsprekendheid van ons redenaars en hul afrigters. AHMP is trots om só ’n standaard van uitnemendheid te handhaaf – en te oortref.