Skip to content

AHMP SKITTER WEER IN DIE DISTRIK

AHMP het tydens ‘n spogfunksie op 21 Februarie tydens Tshwane-Suid Distrikstoekennings ‘n spesiale toekenning ontvang vir Uitsonderlike Konsekwente Akademiese prestasie. Ons wen ook die prys vir die skool met die meeste onderskeidings per leerder en ontvang toekennings vir die beste prestasie in die distrik in elf verskillende vakke – ‘n bewys van ons akademiese uitnemendheid en die toewyding van ons ongelooflike onderwysers!

AHMP ontvang die toekenning vir die beste prestasie in die distrik vir die volgende vakke:

  • English Home Language
  • English First Additional Language
  • Dramatiese Kunste
  • Lewensoriëntering
  • Geskiedenis
  • Verbruikerstudies
  • Visuele Kunste
  • Afrikaans Huistaal
  • Besigheidstudies
  • Rekeningkunde
  • Wiskundige Geletterdheid