Welkom by Affie-bergfiets!


Bergfietsry is besig om vinnig opgang by Affie-meisies te maak en ons spog nou met ʼn hele span uitmuntende fietsryers!

Die Spur in samewerking met Anatomic bied ‘n Hoërskole Bergfietsreeks aan vir fietsryers van ouderdomme 13 tot 18 jaar. Die reeks bestaan uit vier wedrenne en word aangebied by verskeie skole gedurende Julie, Augustus & September maand. Die seisoen eindig met ʼn Nasionale finaal in Oktober waar skole van 9 Provinsies asook Namibia & Botswana deelneem vir die eksklusiewe Nasionale Skool beker.

As jy wil fiks word en pret hê is die ʼn wonderlike sport om van deel te word. Energie, entoesiasme, ‘n bergfiets en helmet is al wat jy nodig het!