Die Blou Engele betower Europa

Legato Koorfees – Finaal: 18 Augustus

Die Blou Engele het gister aan die Legato Choral Awards by die Afriforum-teater deelgeneem. Na ‘n uitstekende optrede het die koor die volgende toekenning ontvang:
• 2024 Legato Award for Choral Distinction: High School Treble Choirs
Ons pianis, mev. Gisela Scriba, het die volgende toekenning ontvang:
• 2024 Legato Award for Excellence in Choral Accompaniment
Ons dirigent, mev. Renette Bouwer, is spesiaal vermeld en vereer met die volgende toekenning:
• Die Legato Toekenning vir uitsonderlike bydrae tot die Suid-Afrikaanse koormusieklandskap, wat deur die Legato-direksie aan ‘n persoon gegee word wat deur passie en kundigheid ‘n uitsonderlike bydrae tot die Suid-Afrikaanse koormusieklandskap lewer. Ons tannie Renette is voorwaar ‘n koorlegende.
Baie geluk aan ons Blou Engele, mev. Bouwer en mev. Scriba. Ons is trots op julle!