Skip to content

I love it when you talk foreign

Emeré Pretorius (gr 11) en Evelynne Nel (gr 10)

Affies se leerlinge wat Frans as vak neem, neem gereeld deel aan die jaarlikse Franse Spelling Bee-kompetisie, Epelle-moi Afrique du Sud, geborg deur die Franse Ambassade. In vanjaar se kompetisie wat in Maart gehou is, het twee leerlinge uitstekend presteer: Emeré Pretorius (gr 11) en Evelynne Nel (gr 10) is albei as semi-finaliste aangewys. Emeré het ook na die landswye finaal deurgedring. Ons hou styf duim vas vir haar.