Welkom by Affie-netbal!


Wat maak AHMP ‘n top-netbalskool?

Ons netballeuse, “Affie netbal die senter van alle aksie” is sinoniem met ons skool se leuse: “Ek sien haar wen!”

Aan die stuur van hierdie groot en belangrike sporsoort is mev Maggie du Plessis. Sy is ‘n internasionale skeidsregter, dien as lid van IFN en is self ‘n oud-Springbokspeler. Haar passie vir netbal word gedeel deur ‘n bekwame afrigterskorps en dit verseker die sukses van Affie-netbal.


 

Enige afrigter streef na sukses, maar hoe meet ‘n mens sukses behalwe deur te kyk wat die telbord weerspieël? Hier by ons topskool gaan dit oor meer as wen. Dit gaan oor ‘n kultuur wat ons onder ons spelers skep. Dit is ‘n kultuur waar prestasie gemeet word deur ons eie standaarde te stel, waar ons karakter bou saam met talent ontwikkeling. Hier by Affies moet spelers dit geniet en ‘n liefde vir netbal ontwikkel. Ons wil denkende, hardwerkende en vreeslose spelers skep wat uitgaan in die wêreld en ‘n verskil gaan maak. Spelers leer wat dit verg om deel te wees van ‘n span en om as ‘n eenheid te funksioneer. Daarom streef ons na SUKSES

Me Amanda Mynhardt - Nuwe Hoofafrigter