Skryfkompetisies en Olimpiades


By Afrikaanse Hoër Meisieskool doop ons graag ons penne in Blou-Affie-ink!

Die eerste faset van ons blou-kultuurdiamant op ons KULTUURKALENDER is die LANDWYE AFRIKAANS-OLIMPIADE, die FAK: AFRIKAANS NASIONALE SKOLE-EKSPO, die POORT- en ander SKRYFKOMPETISIES. Groot getalle leerders van die Afrikaanse Hoër Meisieskool neem aan dié kompetisies deel en is gereeld jaarliks onder die landwye toppresteerders!


AFRIKAANS-OLIMPIADE:

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool skryf jaarliks ongeveer 300 deelnemers (± 200 seniors en ± 100 juniors) in vir die Afrikaanse-olimpiade. Dié olimpiade skerp leerders se begrips- en leesvermoë op. Die Afrikaanse-olimpiade is gebaseer op die Departement van Basiese Onderwys se NKABV. Om dié rede vorm die Afrikaans-olimpiade ‘n bydraende leer-geleentheid tot die Afrikaans-kurrikulum!

PRESTASIES: Die Afrikaanse Hoër Meisieskool het die afgelope 10 jaar drie nasionale wenners en veel meer toppresteerdes opgelewer en persentasiegewys verskyn die meeste Affie-leerders se name op die jaarlikse NASIONALE TOPPRESTEER-lys!

CJ Langenhoven het nie verniet die gedagte nagelaat nie dat “AFRIKAANS ONS PÊREL VAN GROOT WAARDE IS!”