Die uitslae van die prestige skryfkompetisie van die SA Akademie, wat sedert die 1970’s talentvolle jong skrywers bekroon, is op 12 Mei 2025 aangekondig.
Elf AHMP-leerders uit graad 10–12 het vanjaar deelgeneem in die Prosa- en Poësie-genres, en ook oud-Affie Karmen Schiltz (matriek 2024) het ingeskryf. Die gehalte van die inskrywings was uitsonderlik en getuig van ware skryftalent.
TOPPRESTEERDERS:
• 3de plek – Heike Marx (Gr. 12) vir Towervoete
• 10de plek – Aletta Smit (Gr. 12) vir Die versamelaar
Baie geluk met hierdie besonderse prestasie!
Werke opgeneem in Poort 2025:
Poësie:
• Mikayla de Jongh (Gr. 12) – Tjoepstil
• Karmen Schiltz – Op reis, op reis
• Bernice Venter (Gr. 12) – Die stil taal van die heelal
Prosa en Drama:
• Heike Marx – Towervoete
• Aletta Smit – Die versamelaar
Ons is ongelooflik trots op elkeen van hierdie jong skrywers. Dankie vir julle inspirasie en passie – mag julle pennestryd nooit ophou nie!
Toekomstige skrywers – skryf in vir die 2026-kompetisie!