By die Afrikaanse Hoër Meisieskool LEEF, EET en DROOM ons Affie-leerders redenaars en debat – Afrikaans lê juis so “volrond in ons monde” (met apologie aan Laurika Rauch)


REDENAARS

Die maksimum toegelate getal Affie-leerders neem aan vele redenaarskompetisies deel!


ATKV-REDENAARS: Nasionale Kompetisie

  • Dié kompetisie is sinoniem met die Afrikaanse Hoër Meisieskool se redenaars waar die klem op genotvolle, maar veral ook op kwaliteit-deelname geplaas word.
  • Affie-redenaars se junior en senior sprekers neem ewe volmondig aan die voorbereide sowel as onvoorbereide kategorieë deel.
  • Geleentheid word aan beide Huistaal- as Addisionele Taalsprekers (onder andere Sotho, Sepedi, Zulu) gegee, om te 'redeneer'.

VAN HUYSSTEENS ORATORSFEES: Gauteng-Noord

  • Dié Oratorsfees is by uitstek daarop gemik om redenaars in onvoorbereide redenaartegnieke te skoei.
  • 10 spanne (4 redenaars elk) en 10 individuele sprekers neem jaarliks aan die gewilde plaaslike kompetisie deel.

DEBAT

As ‘n leerder van die Afrikaanse Hoër Meisieskool van iets oortuig is, sal sy sommer “blou keppies” aan enige-iemand verkoop! Debat is ‘n belangrike kultuuraktiwiteit!


IN 2019 BEHAAL AFFIES ONGEKENDE SUKSES OP DIE REDENAARS EN DEBAT FRONT!

Die Affie meisies het vanjaar weer met hul talente as sprekers gewoeker, en die volgende uitslae is behaal:

Die gr 9's Miné Hermann, Christie Guldenfennig en Megan Kruger is die Nasionale wenners van Dink of Sink. Maar dit is nie al nie... Ons Oppie-Tong af Nasionale Uitslae is net so indrukwekkend: Public Speaking: Unprepared Grade 8 Public Speaking Team - wen goud. Grade 10 Public Speaking Team - wen goud. Grade 8 Annalette du Plessis - wen goud en grade 10 - Lindy Grobbelaar wen - dubbel goud.


Redenaars Onvoorbereid Graad 9 Megan Kruger en Gr 11 Kara le Roux - behaal beide 'n tweede plek


Die Graad 11 - Voorbereide span behaal 'n 2de plek


Julle maak ons baie trots!