Die AHMP-senior koor is gekies om aan die ATKV-Applous 2025-finaal deel te neem! Uit 292 inskrywings landwyd is net ’n handjievol kore uitgenooi – ’n bewys van ons koor se gehalte en toewyding. Die finaal vind plaas van 30 Julie tot 2 Augustus by UNISA se ZK Matthews-saal. Baie geluk aan elke koorlid en afrigter!
Senior Koor na ATKV-Applous 2025-finaal
