Skip to content

Talitha en Chabals DiMaggio ryg die rosette in

Affie-ruiter Talitha Schoeman (gr 12) en haar perd, Chabals DiMaggio, het ander ruiters en perde gewys waar Dawid die wortels gegrawe het toe hulle by die onlangse Hollard Equipage Pre-Easter Show as by Kyalami Equestrian Park algehele kampioene aangewys is.

Talitha en Chabals DiMaggio het in die eerste rondte plekke verower in die afdelings Novice Junior Show Hack en Champion Novice Junior Show Horse, en daarmee deurgedring na die kampioenskappe toe, waar hulle ook met die louere weggestap het.

Jy maak ons uiters trots, Talitha! Ons hoop jy gee vir Chabals DiMaggio ʼn hele sak wortels!