Tradisies
Kultuur in ‘n neutedop
Affies bied aan leerders ‘n ryk verskeidenheid dissiplines wat dogters vele geleenthede gee om hul talente by verskillende kultuuraktiwiteite ten toon te stel. Ons naam word hoog gehou deur volgehoue prestasies in die verskillende kultuur genres.
Maar die grootste trekpleister vir kultuurdeelname by Affies is verseker die plesier en vreugde wat uit deelname geput word.
VINNIGE KULTUUR FEITE
Affies het ‘n Musiekhuis wat een van ses staatshuise is wat in 1926 gebou is. Oor die 800 meisies neem deel aan een of ander vorm van kultuur – die Juniorkoor tydens hul jaarlikse Lentekonsert.
Affies en kultuurprestasies is sinoniem.
- Twee kore ‘n senior en junior koor en twee sanggroepe. Affies se senior koor wen die gesogte Applous kompetisie in 2019.
- Leerders word tydens saal opening met ‘n pyporrel begelei wat in die skool se EC Steijnsaal staan. Die pyporrel se naam is “Phanthom Lady”.
- Verlede jaar is 14 Affies? is ingesluit in die Simfonia Juventi Jeugorkes. Affies het die grootste verteenwoordiging van enige ander skool in die Simfonia Juventi (Jeug orkes) die afgelope paar jaar.
- Leerders wat in joernalistiek en fotografie belangstel kry die geleentheid om in te skakel by die skool se koerant die “Stroomop”.
- Affie Artes is ‘n gesamentlike kunstefees van die Afrikaanse Hoër Meisieskool en Seunskool. Leerders kan in groepe of individueel deelneem.
- Affies vorm deel van die Vierskole-konsert wat insluit Afrikaanse Hoër Meisieskool, Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria High School for Girls en Pretoria Boys High School. Vanjaar sal die 35ste jaar wees wat die konsert plaasvind.
- CSV, Affies se Godsdienstige Studentevereniging wat leerders geestelik verryk en die meisies het die geleentheid om by uitreik aksies betrokke te raak.
- Affies is bekend vir hul openbare redevoering wat die volgende insluit die ATKV se debatte, redenaars, Afrikaanse & Engelse olimpiades, Tienertoneel, die Van Huyssteens Orators, Oppie Tong Af (spanne en indiwidue kan deelneem).
- Vakgerigte olimpiades en die SA-Taalbond se Tweetaligheidskompetisie is ook gewild.
- Skryfkompetisies soos die POORT word altyd goed ondersteun.