Skip to content

Twee oud-Affies is ingesluit in die Protea netbalspan

Suid Afrika se beste 15 netbalspelers (12 spelers en 3 reserwes) is onlangs gekies vir die Protea Netbalspan wat deelneem in die wêreldbeker wat 28 Julie in Kaapstad begin.
Die span is: Bongiwe Msomi (Kaptein), Karla Pretorius (Vise-Kaptein), Khanyisa Chawane, Izette Griesel, Phumza Maweni, Owethu Ngubane, Refiloe Nketsa, Lenize Potgieter, Lefebre Rademan, Nicola Smith, Jeante Strydom, Nichole Taljaard, Elmere van der Berg, Shadine van der Merwe en Ine-Mari Venter.
Ons is baie trots op twee oud-Affies Izette Griesel en Jeante Strydom wat in die span ingesluit is.

Sterkte aan SA-Netbal!