Voortrekkers
Welkom by die Voortrekkers
Voortrekkers gaan daaroor om by ons land se jeug goeie Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap te bevorder!
Kinders leer op hul eie vlak van:
- Ek as mens
- Ek in my omgewing
- Ek as Voortrekker
- Ek as Afrikaner
- Ek as Landsburger
Mens leer as ‘n span saamwerk en geniet die natuur en gaan kamp gereeld:
Elke jaar is daar spankampe, kommandokampe en gebiedskampe. Hoërskool kinders gaan graag na Lunsklip veldwerkkamp, Roodeplaat Waterwerkkamp, Thaba Veldwerkkamp, RhusKeeti Veldwerkkamp, Seejol, Wilgedraai waterwerkkamp, Branderkapperjolle en Vorie Vasbyt Kamp. Almal gaan nie op al die kampe nie, jy kan kies waarvan jy hou!
Verskillende spesialisasies kan gedoen word, byvoorbeeld:
Fotografie, Sterrekunde, Voetslaner, Elektronika, Tradisionele Spele, Boeredanse, Nutsman, Boogskiet, Selfverdediging, Verfbal, Leierskapsvaardighede, Veldwaarneming, Motorbootkunde, Duik, Veldkennis, Seewaarneming, Kampbeveiliging, Kampvuurkonserte en Selfbehoud.
Presidentsverkenner-toekenning
Ons is trots om te deel dat drie van ons Graad 12-leerders gedurende Julie 2025 die Presidentsverkenner-toekenning van Die Voortrekkers verwerf het. Hierdie toekenning is die hoogste erkenning wat ’n jeuglid binne die organisasie kan ontvang.
Die volgende leerders het dié prestasie behaal:
Susanna Badenhorst
Sharon-Leigh Pieterse
Marié Gauché
Baie geluk aan hierdie leerders – julle harde werk en deursettingsvermoë is ’n inspirasie vir almal!














