Voortrekkers
Welkom by die Voortrekkers
Voortrekkers gaan daaroor om by ons land se jeug goeie Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap te bevorder!
Kinders leer op hul eie vlak van:
- Ek as mens
- Ek in my omgewing
- Ek as Voortrekker
- Ek as Afrikaner
- Ek as Landsburger
Mens leer as ‘n span saamwerk en geniet die natuur en gaan kamp gereeld:
Elke jaar is daar spankampe, kommandokampe en gebiedskampe. Hoërskool kinders gaan graag na Lunsklip veldwerkkamp, Roodeplaat Waterwerkkamp, Thaba Veldwerkkamp, RhusKeeti Veldwerkkamp, Seejol, Wilgedraai waterwerkkamp, Branderkapperjolle en Vorie Vasbyt Kamp. Almal gaan nie op al die kampe nie, jy kan kies waarvan jy hou!
Verskillende spesialisasies kan gedoen word, byvoorbeeld:
Fotografie, Sterrekunde, Voetslaner, Elektronika, Tradisionele Spele, Boeredanse, Nutsman, Boogskiet, Selfverdediging, Verfbal, Leierskapsvaardighede, Veldwaarneming, Motorbootkunde, Duik, Veldkennis, Seewaarneming, Kampbeveiliging, Kampvuurkonserte en Selfbehoud.
Vanjaar het vier Graad 12 leerders gedurende Juliemaand hulle Presidentsverkennertoekenning van die Voortrekkers verwerf. Ulani van Rooyen, Emma McMenamin, Ilizé Coetzer en Zane van Werkhoven.











