Skip to content

Pienkweek

Van 13 – 17 Oktober vier Afrikaanse Hoër Meisieskool ons jaarlikse Pienkweek – ’n week van hoop, bewustheid en omgee.
Dis ’n tyd waarin ons saamstaan vir kankerbewustheid, verantwoordelikheid vir ons gesondheid neem en deur liefdadigheid ’n verskil maak.
Fondse wat ingesamel word, ondersteun organisasies wat daagliks teen kanker stry.