
Die Afrikaanse Hoër Seunskool en die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria span vanjaar kragte saam om ‘n voetgangerbrug te bou om die twee skole te verbind en sodoende die veiligheid van ons kinders te verseker. Saam bied hulle ‘n unieke geleentheid om jou, jou familie of jou besigheid se naam te laat verewig op ‘n tradisionele rooibaksteen of ‘n spesiale erkenningsplaat, ten bate van die Affie-brug.
Welkom by die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria. Ons skool is stewig geanker in geskiedenis en tradisies wat meer as ‘n eeu oud is. Op dié fondasie bou ons daagliks aan ‘n generasie vroue wat met selfvertroue en nederigheid die toekoms kan instap.
Matriekuitslae 2024
Kom stap saam!
Kom saam met ons op ‘n toer deur die skool, soos gesien deur die oë van ons leerders.
Waarom Affies?
Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria is ‘n enkelgeslagskool vir dogters in die hartjie van die jakarandastad. Sowat 1 200 meisies stap elke dag deur die rooibaksteengange van dié eeu-oue skool, terwyl die koshuis vir 270 meisies van reg oor die land en so ver soos Namibië huisvesting bied.
By Affies glo ons dat jou vyf jaar op hoërskool jou in jou volle menswees vir die lewe voorberei. Hier gee ons om vir mekaar… Deur geloof, hoop, liefde en harde werk en met baie entoesiasme slaag ons daarin om ‘n veilige omgewing vir elke dogter te skep – ‘n omgewing waarin dogters kan waag, sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik. Hier is plek vir elke dogter om te groei, te droom, haar ideale na te streef en haar talente te ontgin. Die dogters is dit eens dat dié skool jou karakter vorm en bou in die vyf jaar wat jy haar stoepe blink trap, sodat jy aan die einde van matriek hier uitstap as ‘n goed afgeronde, selfversekerde jong vrou wat ‘n verskil in haar gemeenskap gaan maak.
Boodskap van die hoof
Aankondiging: AHMP se nuwe hoof bekend gemaak
Dis met groot vreugde dat die beheerliggaam AHMP se nuwe hoof bekend maak. Sy sal vanaf 1 April 2025 dié pos beklee, en sal die sesde hoof in die skool se geskiedenis wees. Ons verwelkom haar met oop arms in die Affie-gemeenskap.

Sport
Die klem val egter eerder op deelname as die wenmotief. Die skool is baie trots op ons presteerders en hulle ontvang erkenning en aanmoediging.

Kultuur
Affies bied aan leerders ‘n ryk verskeidenheid dissiplines wat dogters vele geleenthede gee om hul talente by verskillende kultuuraktiwiteite ten toon te stel.

Akademie
Affies het nie ‘n suksesgeheim nie. Sukses is ‘n beloning as gevolg van baie harde werk, doeltreffende en kundige bestuur, bekwame onderwysers en gedissiplineerde leerders.

Leierskap
By Affies word daar nie beperkinge op die dogters se ontwikkeling of deelname geplaas nie en elkeen kan hul eie potensiaal bereik en met hulself kompeteer.
Jongste nuus

Ons Borge




As u enige ander vrae het of inligting benodig, kontak ons gerus.