Skip to content

Gemeenskapsdiens

Affies reik nog al die jare uit na die gemeenskap – dis as ‘t ware deel van die skool se DNA.

Tydens Gee-week, ʼn jaarlikse instelling, word daar elke dag met ʼn ander tema vir die een of ander instansie gegee – of dit nou blikkieskos vir voedingsprojekte, hondekos en -produkte vir diereskuilings, boeke vir ʼn minderbevoorregte skool of kontant vir die een of ander waardige saak is. Die dogters besluit elke jaar self watter instansies hulle tydens Gee-week wil ondersteun.

Affies hou ook jaarliks ‘n Kansa-dag waar die hare soms letterlik waai of van kleur verander ten bate van kankernavorsing. Talle meisies met lang hare skenk hul poniesterte, waarmee pruike gemaak word vir mense wat kankerbehandeling ondergaan.

Een van ons grootste omgee projekte sedert 2015 is die bottelproppie-projek. 450 kg plastiekproppies of 50 kg broodknippies kan een rolstoel ‘koop’. Die skool het met dié insamelings reeds 17 rolstoele aan Alma Skool geskenk. 

Verder reik ons met oop harte uit na naburige ouetehuise, kleuterskole en besoek ook die kinderpasiënte van die Sefako Makgatho-hospitaal.

Kontakpersoon: Mev Marthie Davel  marthie.davel@ahmp.co.za

 

 

DIE ANKER (VERENIGDE CHRISTELIKE STUDENTEVERENIGING)

Hier by AHMP is ‘n aktiewe VCSV-groep, Die Anker. Die groep se aktiwiteite word gereël en bestuur deur ‘n gekose CSV-bestuur met ‘n onderwyser as raadgewende hoof. Die VCSV is aktief deur die hele jaar, en dié aktiwiteite sluit die volgende in:

  • ‘n Groepsaktiwiteit elke Dinsdag gedurende pouse – besprekings, video’s, bidsessies en net lekker kuiers
  • Aandfunksie een keer per kwartaal saam met AHS en soms ook met Pretoria Boys’ High en Pretoria Girls’ High.
  • Uitreike na laerskole waar ons met naskoolaktiwiteite help en ook na Abbahuis – ‘n huis van bewaring vir klein kindertjies.
  • Kampe – naweekkampe word gereël en ander VCSV-kampe soos Winklespruit word bemark.

 Kontakpersoon: Me. Hannah Witthoft hannah.witthoft@ahmp.co.za 

“At the moment that we persuade a child, any child, to cross that threshold, that magic threshold into a library, we change their lives forever, for the better.”
President (then Senator) Barack Obama

Kultuurnuus

Senior Koor na ATKV-Applous 2025-finaal

Senior Koor na ATKV-Applous 2025-finaal

Die AHMP-senior koor is gekies om aan die ATKV-Applous 2025-finaal deel te neem! Uit 292 inskrywings landwyd is net ’n…
15 redenaars dring deur na landsfinaal!

15 redenaars dring deur na landsfinaal!

AHMP is ongelooflik trots op 15 leerders wat deurgedring het na die landsfinaal van die redenaarskompetisie – ’n prestasie wat…
AHMP-orkes blink uit by Pretoria Eisteddfod

AHMP-orkes blink uit by Pretoria Eisteddfod

Die AHMP-orkes is as beste jeugorkes by die gesogte Pretoria Eisteddfod aangewys! Onder leiding van mnr. Eddie Clayton het die orkes…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.