Skip to content

Vakkeuses

Leerders in AHMP het ʼn keuse van ʼn heerlike verskeidenheid vakke vir bykans elke belangstelling en loopbaanrigting. AHMP bied ʼn hele paar vakke aan wat nie sommer in enige skool geneem kan word nie.  

Vir volledige inligting oor vakkeuses, raadpleeg asseblief die vakkeusegids onder aan die bladsy.

GRAAD 8

Verpligte Departemenele vakke:

  1. Afrikaans Huistaal
  2. Engels Eerste Addisionele Taal
  3. Lewensoriëntering
  4. Wiskunde
  5. Natuurwetenskappe (Fisiese Wetenskap en Lewenswetenskap)
  6. Sosiale Wetenskappe (Geografie en Geskiedenis)
  7. Ekonomiese Bestuurswetenskappe (Besigheidstudies en Rekeningkunde)
  8. Tegnologie
  9. Skeppende Kuns (SK)  Vir Skeppende Kuns moet ‘n leerling twee van die volgende komponente kies:

▪ Drama ▪ Kuns ▪ Musiek

 Verpligte leeslaboratorium Die dogters neem almal een Afrikaanse en een Engelse leesperiode om hul lees- en begripsvaardighede te verbeter.

 Een verrykingsvak uit die volgende opsies: 

  • Duits (Belangrik vir diegene wat oorweeg om dit van graad 10 tot 12 te neem)
  • Frans (Belangrik vir diegene wat oorweeg om dit van graad 10 tot 12 te neem)
  • Verbruikerstudies
  • Verryking: Sportkodes  (Verskillende aspekte van oefening, fiksheid en verskeie sportsoorte word behandel saam met die praktiese inoefening van verskeie sportvaardighede.)
  • Verryking: Algemeen (Dit behels ‘n wye reeks interessante onderwerpe soos sosialisering, sport, algemene selfsorg, persoonlike ontwikkeling, digitale geletterdheid, naaldwerk optrede in noodsituasies. Dit dupliseer dus nie die inhoude van Lewensoriëntering nie, maar sluit daarby aan.

GRAAD 9

 Verpligte Departementele vakke:

  1. Afrikaans Huistaal
  2. Engels Eerste Addisionele Taal
  3. Lewensoriëntering
  4. Wiskunde
  5. Natuurwetenskappe (Fisiese Wetenskap en Lewenswetenskap)
  6. Sosiale Wetenskappe (Geografie en Geskiedenis)
  7. Ekonomiese Bestuurswetenskappe (Besigheidstudies en Rekeningkunde)
  8. Tegnologie OF Verbruikerstudies
  9. Skeppende Kuns (SK).  Vir Skeppende Kuns moet ‘n leerling twee van die volgende komponente kies:

Drama, Kuns, Dans of  Musiek

B. Verpligte leeslaboratorium Die dogters neem almal een Afrikaanse leesperiode om hul lees- en begripsvaardighede te verbeter.

C. Een verrykingsvak uit die volgende opsies:

  • Duits (Belangrik vir diegene wat oorweeg om dit van graad 10 tot 12 te neem)
  • Frans (Belangrik vir diegene wat oorweeg om dit van graad 10 tot 12 te neem)
  • Verryking: Algemeen Dit behels ‘n wye reeks interessante onderwerpe soos sosialisering, sport, algemene selfsorg, persoonlike ontwikkeling, digitale geletterdheid, naaldwerk optrede in noodsituasies. Dit dupliseer dus nie die inhoude van Lewensoriëntering nie, maar sluit daarby aan. 

Graad 10 tot 12

Verpligte vakke:

  • Afrikaans huistaal
  • Engels huistaal of Engels eerste addisionele taal
  • Lewensoriëntering
  • Wiskunde of Wiskundige geletterdheid

Drie keusevakke: Alle vakkeuses is onderhewig aan roostervereistes en klasgroottes.

  • Besigheidstudies
  • Dramatiese kunste
  • Duits tweede addisionele taal
  • Frans tweede addisionele taal
  • Fisiese Wetenskappe (Wiskunde verpligtend)
  • Geografie
  • Geskiedenis
  • Inligtingstegnologie (Wisk. word aanbeveel)
  • Lewenswetenskappe
  • Musiek
  • Ontwerp (kan nie saam met Visuele Kunste geneem word nie)
  • Rekenaartoepassingstegnologie
  • Rekeningkunde (Wisk. word aanbeveel)   
  • Verbruikerstudies
  • Visuele Kunste (kan nie saam met Ontwerp geneem word nie)

Kitsgids tot vakkeuses

Die AHMP-kitsgids tot Vakkeuses bied volledige inligting oor al die vakke wat AHMP aanbied. Blaai dit gerus deur.

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.