Skip to content

Redenaars

By Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria leef, eet en droom ons Affie-leerders redenaars. Afrikaans lê “volrond in ons mond” (met apologie aan Laurika Rauch).

ATKV Redenaars: Weer die Beste in Suid-Afrika

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se redenaars bevestig jaar na jaar dat hulle tot die absolute top in Suid-Afrika behoort.

2024

Die ATKV Redenaarspan het in 2024 weereens sy status as die beste in die land bewys toe nege Affie-dogters deurdring na die nasionale landsfinaal in Augustus.
By die prysuitdeling het ons redenaars ’n ongekende drie podiumplekke verower:

  • Sandy Prinsloo (Graad 9) – 2de plek in die onvoorbereide afdeling
  • Lesego Tswai (2023 se nasionale wenner) – 3de plek in dieselfde afdeling
  • Johanné Standernasionale wenner in die voorbereide afdeling met haar insiggewende toespraak oor hoe skole leerders nie voldoende vir universiteit voorberei nie.

2025

In 2025 het die Affie-redenaars nóg verder geskitter en die land verstom met hul woordkuns en taalvernuf:

  • Heike Marxnasionale wenner én bekroon vir beste taalgebruik
  • Bea van der Merwenaaswenner met haar insiggewende en oortuigende toespraak
  • Ilnah van Wyk – spesiale toekenning vir beste taalgebruik, ’n bewys van haar presiese en suiwer Afrikaans
  • Tebogo Mosomaderde plek op nasionale vlak, ’n merkwaardige prestasie
  • Lesego Tswai – bekroon as naaswenner met haar kenmerkende selfvertroue en flair

Hierdie uitmuntende prestasies is die vrug van harde werk, vernuf en ’n liefde vir taal. Affie-redenaars het nie net gepraat nie – hulle het die hele land laat luister.

Kontakpersoon: Mnr. Corne van Wyk by corne.vanwyk@ahmp.co.za 

Kultuurnuus

PTA Public Speaking Festival | Semi-Final Results

PTA Public Speaking Festival | Semi-Final Results

Our speakers once again impressed with confidence, poise, and exceptional talent at the PTA Public Speaking Festival semi-finals. We are…
Spanredenaars

Spanredenaars

Die ATKV Digi-spanredenaars van graad 11 — Heide Potgieter, Lisa Ferreira, Megan Naudé en Nicole White — is as nasionale…
AHMP-debat verf die Kaap blou!

AHMP-debat verf die Kaap blou!

Vier van AHMP se debatspanne het die ATKV-landsfinaal gehaal – ’n besonderse prestasie. Ons juniorspan (Ilnah van Wyk, Janita Labuschagne…

Kontak Ons

As u enige ander vrae het of inligting benodig, kontak ons gerus.