Redenaars
By die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria leef, eet en droom ons Affie-leerders redenaars. Afrikaans lê “volrond in ons mond” (met apologie aan Laurika Rauch).
ATKV Redenaars: Weer Die Beste in Suid-Afrika
Die ATKV Redenaarspan het in 2024 weereens sy status as die beste in die land bevestig. Nege Affie-dogters het deurgedring na die nasionale landsfinaal in Augustus 2024.
By die prysuitdeling het Affie-redenaars ‘n ongekende drie podiumplekke behaal. Sandy Prinsloo (Graad 9) het ‘n nasionale tweede plek in die onvoorbereide afdeling verower. Lesego Tswai (2023 se nasionale wenner) eindig weer derde in dieselfde afdeling. Die hoogtepunt was Johanné Stander se kroning as nasionale wenner in die voorbereide afdeling, waar sy ‘n insiggewende toespraak gelewer het oor hoe skole leerders nie voldoende voorberei vir universiteit nie.
Kontakpersoon: Mev Erica Dannhauser erica.dannhauser@ahmp.co.za