Welkom by Affie-swem!


Swem by AHMP is een van die groter sportsoorte, met 600 deelnemers aan die huisgala en vier spanne wat aan 4 verskillende ligas deelneem. Daar word ongeveer 110 swemmers in die 4 spanne ingesluit. AHMP is die enigste skool wat 4 swemspanne het en gedurende 2017 het die 4 spanne puik presteer deur 3 ligas te wen.



AHMP-huisgala is ‘n feestelike geleentheid met die hele skool wat die oggend by Hillcrest deurbring. Die huisgala is ‘n baie ernstige geleentheid, aangesien dit dien as proewe vir die vier swemspanne.

Die huisgala word streng volgens FINA-reëls, met NTS-beamptes, elektroniese raakplate, drie tydhouers per laan en elektroniese dataverwerking aangebied.

Die dag word opgevrolik met dirigente wat die verskillende huise laat sing. Dit is die nuwe Gr 8’s se eerste kennismaking van ware Affie-wees.

Die nuwe Affie-onderwysers kan nie net klasgee nie, maar ook swem! Hulle aflosspan, wat teen die matrieks deelneem, is beslis ʼn hoogtepunt.

Na die Huisgala word die Junior en Senior Victrix Ludorum, asook die beste swemmer in elke ouderdomsgroep aangewys. Daar is ook ‘n Geesbeker en ʼn Spanbeker.

Geesbeker: KOSHUIS

Spanbeker: VERSTER

Amper 400 leerders het vanjaar weer deelgeneem aan die Huisgala. 110 is opgeneem in 4 swemspanne.

Beste O/14 swemmer Suzette Wessels
Beste O/15 swemmer Dune Coetzee
Beste O/16 swemmer Laura Turpin
Beste O/17 swemmer Mieke Kotze
Beste OPE swemmer Carmen Botha
JNR Victrix Ludorum Dune Coetzee
SNR Victrix Ludorum Carmen Botha

Gedurende die jaar vind daar vir elke span agt vriendskaplike galas en ‘n Interhoër plaas.

Die vier swemspanne swem onderskeidelik in die A-, B-, C-, en D-liga deelgeneem en die volgende prestasies behaal:

  • A-span was 2e in A-liga
  • B-span het B-liga gewen
  • C-span het C- liga gewen
  • D-span het D-liga gewen

Dune Coetzee:

Swem Suid Afrika het aangekondig het dat Duné Coetzee in die Suid- Afrikaanse Swemspan opgeneem is wat aan die Junior Wêreld kampioenskap in Indianapolis, VSA gaan deelneem. Dit gebeur vanaf 23 tot 28 Augustus 2017.

Gauteng Noord Swemspan:

Alicia Enslin en Jana-Marie van Rooyen

Oopwaterswem: Gautengspan

Engela Venter en Elize van Straten

Lewensredders: Gautengspan

Chrisna Venter

Midmar Mile:

Carmen Fair en haar 3 broers het die “Family Event” gewen.

SWIM SOUTH AFRICA NATIONAL JUNIOR AGE GROUP CHAMPIONSHIPS IN DURBAN:

Suzette Wessels, Duné Coetzee, Jana-Marie van Rooyen, Abigail Havenga, Mieke Kotze, Alicia Enslin, Carmen Botha het aan die Nasionale Kampioenskappe deelgeneem en uitstekend gevaar.

Uitstaande prestasies was:

Duné Coetzee

  • Goud: 50 m, 100 m en 200 m Vlinderslag
  • Silwer: 100 m, 200 m, 400 m en 800 m Vryslag

Alicia Enslin

  • Brons: 200 m Rugslag

Carmen Botha

  • Silwer: 400 m IM
  • Brons: 200 m Rugslag
  • Vierde Plek: 200 m Borsslag, 200 m IM

LEWENSREDDING

Baie geluk aan Chrisna Venter wie gekies is vir die Gauteng Stillwater Lifesaving Team wat aan die Nasionale Lewensredding Kampioenskappe vanaf 27 tot 30 April gaan deelneem.

AFRIGTING

Spesialisafrigting is gratis vir die 4 spanne in ons verhitte swembad dwarsdeur die jaar.

Kwartaal 1 en 4: Oefentye: 14:00 -16:00

Kwartaal 2 en 3: Oefentye 14:00 -15:00

Die swembad word tans uitgekontrakteer aan Diadora. Hulle bied swemlesse aan vir beginners, klublede, volwasse oefengroepe asook lewensredding.

Om lid van die klub te word, kontak Chrisna Luus: 0618058059

SWEMKLERE

AHMP-swemmers moet met die blou AHMP-swembroek en bekende pienk AHMP-pet swem. Navy handdoek en AHMP-sweetpak as dit koud is. Net swart, navy en wit plakkies mag gedra word na vriendskaplik galas.

Swembroeke en –pette kan by die skool aangekoop word. Kontak mev Bloem in K64.

SWEMKLEURE EN –EREKLEURE

Elke jaar word swemmers se prestasies bekroon deur swemkleure en –erekleure toe te ken volgens sekere kriteria.

SWEMBAD

Affies se nuwe swembad volgens FINA-standaarde is klaar gebou en word eersdaags in gebruik geneem.

AFSLUITINGSFUNKSIE

Affie-swem se pret vind nie net binne-in die swembad plaas nie. Ons Affie-sussies kom aan die einde van elke swemseisoen bymekaar om al hulle prestasies en ʼn prettige seisoen af te sluit.

By hierdie funksie geniet al die Affie-ouers en Affie-swemmers ʼn smullekker ete en erkenning word aan elke dogter gegee. Die 2017 afsluiting is in die Studente Sentrum gehou.

By Affies GENIET ons swem, daarom sien ons haar WEN!