Skip to content

Landloop

By AHMP is landloop ‘n sportsoort waar elke dogter welkom is! Hier is harde werk en ontwikkeling van elke atleet die boustene van ons sukses.

By AHMP is landloop ‘n sport waar elke dogter welkom is! Hier is harde werk en die ontwikkeling van elke atleet die fondament van ons sukses. 

Die landlopers neem deel aan jaarlikse oefenkampe waar die dogters in vars lug hul uithouvermoë versterk. Affie-landloopspan neem deel aan beide die Johannesburg- en Pretoria-ligas. Die Johannesburg-liga begin reeds in die tweede kwartaal en dien as voorbereiding vir die Pretoria-liga in die derde kwartaal. 

Affies neem ook jaarliks deel aan Noordvaal en die All Girls Festival, wat deur meisieskole regoor die land aangebied word. In 2024 het die fees in Potchefstroom plaasgevind, waar Affies die junior en senior afdelings (dag 1) in landloop gewen het. Negentien skole het aan die kompetisie deelgeneem. 

Kontakpersoon: 
Me. Maritza Coetzee (atletiek@ahmp.co.za) 

Sportnuus

Spanskaak-kompetisie

Spanskaak-kompetisie

Ons 0.15-spanskaakspan het die afgelope maand goed gedoen en deurgedring na die semifinaal teen Montana. Die span eindig algeheel in…
o.15 Kay Motsepe Netbaltoernooi

o.15 Kay Motsepe Netbaltoernooi

Affies was onoorwonne op hul pad na die goue medalje. Met hierdie prestasie kwalifiseer die span ook vir die SA-Kampioenskappe.

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.