Skip to content

Sagtebal

Daar is ‘n slagspreuk wat lui dat talent tot niks sal kom sonder toewyding nie. Dit is juis waarom Afrikaanse Hoër Meisieskool (AHMP) daarna streef om vir dogters die beste afrigting in sagtebal te bied. Die Affie-afrigters word geken vir hul toewyding en entoesiasme vir die sport. Baie van die afrigters is self ook spelers, wat verseker dat hulle met passie en toewyding die Affie-dogters inspireer en hul talent ontsluit. Heelwat van ons afrigters is ook provinsiale spanafrigters.

Sagtebal seisoen en spanne

Sagtebal word gedurende die derde kwartaal gespeel, wat wil sê van Julie tot Oktober. AHMP is trots om te kan sê dat daar jaarliks twee spanne (A en B spanne) per ouderdomsgroep ingeskryf word om aan die grootskoleliga deel te neem. Sedert 2023 is daar ook C-spanne ingeskryf om die toenemende belangstelling in die sport te akkommodeer, aangesien baie dogters graag sagtebal wil speel.

Provinsiale deelname en Prestasies

AHMP neem jaarliks deel aan die Tshwane provinsiale proewe, waar dogters gekies kan word vir provinsiale spanne en die kans kry om provinsiale kleure in sagtebal te verwerf. By die provinsiale toernooi kan die dogters verder vereer word deur gekies te word as lede van die “All Star” span, wat jaarliks aangekondig word en in die daaropvolgende jaar sal toer, dikwels selfs oorsee. AHMP spog met nie minder nie as 19 provinsiale spelers, en drie van ons O/17-dogters is in die Gauteng span opgeneem en gaan aan die Somerspele deelneem, waar hulle die kans kry om gekies te word as lede van die SA span.

Opleidingsgeleenthede en Affie-Tradisie

Dogters word die geleentheid gebied om deel te wees van ‘n heel ander tipe sagtebalspan. Jaarliks word daar verskeie kursusse aangebied, wat onder andere tellinghou, afrigting en skeidsregting insluit. ‘n Nuwe Affie-tradisie is om leerders na hierdie kursusse te stuur, waar hulle die geleentheid het om die skool te dien en op die sportveld eer te bring, maar met ‘n nuwe perspektief.

 

Die Geskiedenis van Sagtebal

Sagtebal is ‘n variant van Amerikaanse bofbal (baseball). Die sport het in die laat 1800’s in Chicago ontstaan en is gebaseer op bofbal. Die spel se reëls, die afmetings van die velde en die toerusting het gewissel, afhangende van die geslag van die spelers, hul ouderdom en die beperkte beskikbaarheid van toerusting.

In 1923 het die speelsport so ‘n groot belangstelling begin uitlok by beide mans en vroue van alle ouderdomme, dat ‘n komitee saamgestel is om vaste reëls en regulasies op te stel en dit aan die uithoeke van die Verenigde State te versprei. Van daar het sagtebal die wêreld begroet. Dit was net die begin van die fantastiese sport wat ons vandag ken as sagtebal. 

Kom Sluit Aan by die Opwinding!

Gryp jou handskoen en helm! Kom word deel van die opwinding en vind jou plekkie in die Affie-son.

Kontakpersoon: Adri van Rooyen
Email: adri.vanrooyen@ahmp.co.za

Sportnuus

Ons meisies is as algehele wenners aangewys

Ons meisies is as algehele wenners aangewys

Ons Affies het behoorlik gewys wat in hulle steek tydens die eerste Gauteng Skoleliga-wedren wat by Riversands Farm Village plaasgevind…
Tweelingkapteins maak geskiedenis!

Tweelingkapteins maak geskiedenis!

’n Groot mylpaal vir AHMP! Aniéke Theron (kaptein) en haar suster Chinélle Theron (onderkaptein) is pas aangewys as die leiers…
AHMP Derby 2025 – Sóos net ’n Meisieskool kan!

AHMP Derby 2025 – Sóos net ’n Meisieskool kan!

Ons susterskap met Oranje Meisieskool blom steeds ná 39 jaar — en vanjaar se Derby in Bloemfontein was onvergeetlik! ’n…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.