Skip to content

Akademie

Mnr FJ le Roux, die heel eerste hoof van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, het in sy jaarverslag van 1922 die volgende geskryf:

ʼn Skool se waarde moet … geskat word … na die gehalte van opvoedende werk wat daar verrig word. Die toon van ʼn skool, sy kulturele lewe en opbloei, sy innerlike geestelike waarde en die bevoegdheid tot die opbou van karakter kan nie deur enige eksamen gemeet word nie.

Agter Affies se uitmuntende en volgehoue prestasie lê daar geen suksesgeheim nie. Die dogters se prestasies is hul beloning op ‘n hoë werksetiek, doeltreffende en kundige bestuur, bekwame onderwysers en gedissiplineerde leerders. Die goue draad wat al vir dekades deur Affies se doen en late loop, is die strewe om meisies intellektueel te vorm, kultureel te verryk, geestelik te verfyn en hul vroulikheid te raffineer.

TOEKOMSGERIGTE AKADEMIE

Met ses laboratoriums vir onderskeidelik fisiese en lewenswetenskappe, drie moderne rekenaarlokale, twee sentrums vir verbruikerstudies en vele meer, is AHMP ‘n skool waar meisies effektief vir die toekoms voorberei word.

  • 18 vakke word van graad 10 tot 12 aangebied
  • Die skool maak gebruik van ʼn e-leerplatform vir alle grade
  • Moderne toerusting word vir onderrig gebruik
  • Die hele skoolterrein is ʼn wifi-sone.

Akademiese prestasies deur die jare

In 1922 het twee AHMP-kandidate die matriekeksamen (Trap II) afgelê en albei het geslaag. Sedertdien het akademiese uitnemendheid ‘n kernwaarde van Afrikaanse Hoër Meisieskool geword. 

Vir 37 jaar het AHMP ‘n 100%-matriekslaagsyfer gehandhaaf – ‘n bewys van die skool se hoë onderrigstandaarde en toegewydheid tot akademiese sukses. Ons matriekuitslae getuig steeds van gehalte-onderrig, soos blyk uit die prestasie-analise van 2024.

2024-MATRIEKUITSLAE

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het in haar 105e bestaansjaar haar uitnemendheid bevestig met die 2024-matriekuitslae. Na die hermerk uitslae bekend gemaak is het 239 matrikulante ‘n 99,6% slaagsyfer behaal, ‘n gemiddeld van 75,35%, en ‘n 99,2% graadvrystelling behaal.

Die groep behaal 739 onderskeidings, asook 7 A-simbole in Alpha Wiskunde, met 85 leerders wat gemiddeldes van 80% of meer behaal het. Die Top 10 leerders sluit in: Emeré Pretorius, Lara Engelbrecht, Yda Roets, Elge Coetzee, Lucarli Uys, Stesha Behr, Dehanne van Staden, Lara Goosen, Cari Venter, Mieke Vorster, Leila du Plessis, Ina Ras, Mikayla Burgers en Nila Frantzen.

 Die skool bedank die personeel en ouers vir hul ondersteuning en harde werk, en wens die matriekklas van 2024 geluk met hul uitsonderlike uitslae. 

Nuus oor Akademie

Poort-Skryfkompetisie 2025

Poort-Skryfkompetisie 2025

Die uitslae van die prestige skryfkompetisie van die SA Akademie, wat sedert die 1970’s talentvolle jong skrywers bekroon, is op…
AHMP SKITTER WEER IN DIE DISTRIK

AHMP SKITTER WEER IN DIE DISTRIK

AHMP het tydens ‘n spogfunksie op 21 Februarie tydens Tshwane-Suid Distrikstoekennings ‘n spesiale toekenning ontvang vir Uitsonderlike Konsekwente Akademiese prestasie. Ons…
Franse oggend

Franse oggend

Die Franse Oggend was ’n feestelike gebeurtenis, aangebied deur die Frans-leerders en Me. Carbonell. Die oggend het Franse lekkernye soos…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.