Skip to content

Sport

Met dertien sportsoorte waaruit meisies by AHMP kan kies, is daar iets vir almal – van skaak tot atletiek en netbal; van gholf tot ruitersport en bergfietsry.

Ons moedig meisies graag aan om aan minstens een of twee sportsoorte deel te neem. Hoewel ons baie trots is op ons sportpresteerders en graag vir hulle erkenning en aanmoediging gee, val die klem eerder op deelname as om te wen.

Ons het ‘n groot getal entoesiastiese sportsterre – meer as agthonderd dogters geniet hulself gate uit op sportgebied! En dit kan net een ding beteken… gesonde, gebalanseerde leerders.

DERBIES

Die twee jaarlikse derby-naweke tussen AHMP en twee ander skole is die hoogtepunt van ons sport- en kultuurkalender.

 Paarl Gimnasium-derby

AHMP en AHS se derby teen Paarl Gimnasium is ‘n jaarlikse instelling wat om die beurt in Pretoria en die Paarl aangebied word. Vanjaar het AHMP en Seuns Hoër weer in die Paarl gaan kuier dit is die vierde keer dat Affies & Paarl Gim saam kuier.

Oranje-naweek

Die jaarlikse interskole-derby teen C&N Sekondêre Meisieskool Oranje word ook om die beurt in Pretoria en Bloemfontein aangebied, en is sekerlik die grootste sportgebeurtenis op die Affie-kalender en ʼn hoogtepunt vir elke leerder. Tydens hierdie derby neem die twee skole in ʼn verskeidenheid sport- en kultuuraktiwiteite teen mekaar deel.

Die kompetisie tussen die twee skole het reeds op 9 Augustus 1986 ʼn aanvang geneem toe die destydse hoof van AHMP, juf Venter, en die eertydse hoof van Hoër Meisieskool Oranje, me Pelliser (ʼn oudpersoneellid van AHMP), besluit het om ʼn jaarlikse derby tussen die twee skole te begin. Vandag is dit, naas die Paarl Gim-besoek, sekerlik die grootste sportgebeurtenis op die Affie-kalender.

VINNIGE SPORTFEITE
  • Ter ondersteuning van die skool se sportdeelnemers het die skool ‘n voltydse biokinetikus wat help met kondisioneringsprogramme en die rehabilitasie van sportbeserings.
  • Affies se sportspanne deurkruis die land om jaarliks te kompeteer in sommige van die mees gesogte toernooie, waaronder:
    • Tennis: Nelspruit (Groot Vyf); Weskaap (Gerrie Berner). 
    • Hokkie: St Mary’s-toernooi; Bloemhof; Roedean; Pullen & Howell Cup
    • Netbal: All Girls’ Festival; Diamantveld; Wilde Klawer
  • Affie Atletiek spog bykans jaarliks met ‘n Protea-atleet onder leiding van hul afrigter, me Maritza Coetzee. Me Coetzee is in 2019 deur G-Sport aangewys is as die beste vroue sport afrigter in die land.

Sportnuus

Ons meisies is as algehele wenners aangewys

Ons meisies is as algehele wenners aangewys

Ons Affies het behoorlik gewys wat in hulle steek tydens die eerste Gauteng Skoleliga-wedren wat by Riversands Farm Village plaasgevind…
Tweelingkapteins maak geskiedenis!

Tweelingkapteins maak geskiedenis!

’n Groot mylpaal vir AHMP! Aniéke Theron (kaptein) en haar suster Chinélle Theron (onderkaptein) is pas aangewys as die leiers…
AHMP Derby 2025 – Sóos net ’n Meisieskool kan!

AHMP Derby 2025 – Sóos net ’n Meisieskool kan!

Ons susterskap met Oranje Meisieskool blom steeds ná 39 jaar — en vanjaar se Derby in Bloemfontein was onvergeetlik! ’n…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.