Skip to content

Atletiek

Gelei deur passie, gedryf deur spangees en lojaliteit! Die sukses op die atletiekbaan wys presies wie ons as AHMP is: ’n skool van topatlete wat altyd hul beste gee. Agter elke rekord en medalje lê die harde werk van ons passievolle afrigters, die pure deursettingsvermoë van ons meisies, en die unieke Affie-spangees. Hier kry elke atleet die vlerke om haar drome voluit na te jaag.

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (AHMP) is ’n topatletiekskool wat hoë standaarde handhaaf, kwaliteit afrigting verseker en ’n onstuitbare spangees kweek. Ons help elke atleet om haar volle potensiaal te bereik.

Spansuksesse:
NWU-Superinterhoër: Die Affie-dogterspan is gekroon as die wenners van die Wildeklawer 1 & 2 NWU-Superinterhoër in 2022, 2023, 2024 en 2026.
 
Individuele Uitblinkers & Nasionale Kampioene 
Christi Loggenberg: ’n Nuwe Wêreldster Christi het in 2026 haar derde agtereenvolgende nasionale titel ingepalm. Sy wen die 400 m-finaal in ’n blitsige 52.33s. Met hierdie tyd het sy: Die Suid-Afrikaanse o.18-rekord verpletter.
Die vinnigste o.18-tyd ter wêreld vir die jaar opgestel. ’n Groot stap nader aan senior Wêreldatletiekkampioenskap-kwalifikasie geneem.

2025 SA-Kampioenskappe
20 Atlete verwerf provinsiale (AGN) kleure.
3 Atlete verwerf nasionale (SA) kleure: Lize de Jager, Christi Loggenberg en Hannah Plews.

2024 SA-Kampioene en Medaljewenners
Goud: Timeke-Jade Coetzee (o.20 Verspring – 6,36 m), Danté Ferreira (o.20 5000 m), Christi Loggenberg (o.16 400 m – 54.40s), Mia Muller (o.16 Hoogspring – 1,73 m), Zanté van der Merwe (o.16 400 m – 54.30s)
Silwer: Martelize Barnard (Spiesgooi – 54,10 m), Mienke Davel (400 m-hekkies – 59.83s).
Brons: Cara Breytenbach (Diskus – 43.91 m), Arette Burger (400 m – 55.19s), Hannah Plews (Spiesgooi – 39.68 m), Dené van der Merwe (o.18 100 m – 12.06s). 
 
Ons Groen-en-Goud Erfenis (Oud-Affies)
Affie-atlete volhard ná skool en behaal gereeld nasionale en internasionale sukses:
Zeney van der Walt: Wêreldkampioen in die 400 m-hekkies (2017 & 2018). Sy het aan die 2024 Olimpiese Spele in Frankryk deelgeneem, waar haar skittertyd van 53.90s net-net die top drie misgeloop het.
Hannah van Niekerk: Bronsmedaljewenner by die o.20-Wêreldkampioenskappe in Lima, Peru (2024).
Senior SA Proteaspan (2022): Ses oud-Affies word gelyktydig gekies (Charlize Eilerd, Marzaan Loots, Kayla Jacobs, Zeney van der Walt, Yolandi Stander, Riëtte Heyns).
Proteaspan (2013–2021): Sewe oud-Affies verteenwoordig SA (Janet Seelinger, Aynslee van Graan, Yolandi Stander, Wanzel Breytenbach, Nicola van der Walt, Nicola Gibbon, Johné Aucamp). 
Wêreldklas Afrigting en Bestuur
Agter elke prestasie staan hoogs gemotiveerde en toegewyde kundiges: Atletiekdirekteur: Me. Maritza Coetzee (In Mei 2025 genooi as afrigter tydens die Wêreldatletiekafloskampioenskap in Guangzhou, China).

Ons Spesialis-afrigters:

DissiplineAfrigter
Hekkies en NaellopeMaritza Coetzee
Middelafstande en LandloopWiam Grimes
Verspring en DriesprongLeandri Rabie
HoogspringEddie Grieb
Diskus en GewigstootPieter Maritz
SpiesgooiTommy Erasmus
  • Atletiekorganiseerder: Maritza Coetzee maritza.coetzee@ahmp.co.za

Sportnuus

Spanskaak-kompetisie

Spanskaak-kompetisie

Ons 0.15-spanskaakspan het die afgelope maand goed gedoen en deurgedring na die semifinaal teen Montana. Die span eindig algeheel in…
o.15 Kay Motsepe Netbaltoernooi

o.15 Kay Motsepe Netbaltoernooi

Affies was onoorwonne op hul pad na die goue medalje. Met hierdie prestasie kwalifiseer die span ook vir die SA-Kampioenskappe.

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.