Leierskap by AHMP
Die leuse van AHMP, Ek sien haar wen, vorm deel van die DNA van elke Affie: die glo dat ‘n mens kan volhard in alle omstandighede en met toewyding en harde werk die lewe moet aanpak. Dit is maar een van die bestanddele van AHMP se resep om leierskapseienskappe by elke dogter te vestig.
Die verskiesing van die skool se verteenwoordigende leierraad (VLR), geskied demokraties – een honderd persent volgens departementele riglyne. Daar word in elke graad verteenwoordigers genomineer waarvoor daar dan gestem word. Die presidente en visepresidente word dan deur die VLR self gekies. Die VLR bestaan uit komitees wat, onder voorsitterskap van ‘n visepresident, verantwoordelik is vir verskille projekte. Daar word elke jaar geleenthede geskep vir die ontwikkeling van leierskap by die VLR.
By AHMP dra die leierskorps jaar na jaar die etos en kern van ware Affie-wees oor oor aan die nuwe generasie Affietjies wat die skool aansluit. Met baie liefde en ure se harde werk, maak hulle die nuwelinge trots deel van die Affie-ervaring van een-wees en saamstaan.
Ook vir elke kultuur-, sport- en ander aktiwiteit by die skool word leiers verkies wat die geleentheid kry om hul medeleerlinge in dié aktiwiteit te organiseer en te begeester, en om hul eie leierskapsvaardighede te ontwikkel.
Die nuutverkose VLR vir 2024 – 2025 is:
President: Amoré Knoetze
Visepresidente: Cara Breytenbach, Amy Cross, Lize De Jager, Anjené Jacobs, Chantel Makkink en Vivienne Marais.
VLR: Martelize Barnard, Zara Bester, Zenique Botes, Milla Botes, Nicole Botes, , Arette Burger, Hannah Coetzee, Mia Combrink, , Mienke Davel, Kristi De Jager, Anna Marie Erasmus, Danyé Fourie, Mikela Harmse, Nina Hay, Alexa Henery, Elzaan Hermann, Mieke Kotze, Joline Kotze, Chanelle Kotze, Elri Kruger, Hannah Labuschagne, Mia Le Roux, Suriese Loubser, , Erin Martin, Evelynne Nel, Dané Prinsloo, Amelie Richter, Carli Schoeman, Momo Shale, Haylee Te Water, Zanté Van Der Merwe, Yani Van Heerden en Alitha Van Zyl. Slegs die graad 11 VLR word genoem.
Boodskap van 2024 se hoofmeisie
Elge Coetzee, AHMP se VLR-presidente van 2024, het ‘n spesiale boodskap vir alle voornemende Affies.