Skip to content

Ruitersport

Affies het ʼn entoesiastiese ruitersportgroep wat by Sanesa (die South African National Equestrian Schools Association) en ander kompetisies en skoue die skool se naam hoog hou met hul perde in ʼn groot verskeidenheid dissiplines. Die ruitersportspan bestaan uit meer as dertig ruiters.

Affie-ruiters ryg die rosette in by Sanesa en op nasionale vlak, en neem ook deel aan dissiplines soos uithouritte, asook ander skoue.

Ruiters wat aan Sanesa deelneem, maak punte op individuele vlak maar ook vir die skool bymekaar, en met hierdie punte is AHMP die afgelope paar jaar al telkens een van die topskole in Gauteng in hierdie liga. 

Hoewel ruitersport tot ‘n groot mate ‘n individuele sport is, waarvoor ruiters tot hul eie perd of ponie moet toegang hê en hul eie afrigting moet organiseer, het hulle steeds die ervaring van spandeelname wanneer hulle mekaar by skoue en kompetisies ondersteun, motiveer en bystaan in ‘n sportsoort wat uiters spanningsvol kan wees. Ouerondersteuning is van kardinale belang in hierdie sportsoort, aangesien die ouers verantwoordelikheid moet neem vir die vervoer van ruiters en perde na skoue en kompetisies, inskrywings en administrasie, die regte kleredrag en toerusting wat deur elke dissipline vereis word ensovoorts. 

In 2024 het 26 Affie-Ruiters wat in die Gauteng Tshwane span opgeneem is, het tydens die Gauteng Finale uitdun rondte, gehou by Kaylami Equestrian Park, op 27 en 28 Julie en Eaton Farm 4 Julie deelgeneem. 

Dissiplines waaraan ruiters in Sanesa se kernliga kan deelneem, is skou, dresseer, uithouritte, skouspring, equitation, eventing, mounted archery, prix caprilli, saddle seat, vaulting, Western mounted games, Western riding en working equitation. Elke ruiter/perd-kombinasie mag egter net aan nege dissiplines per kompetisie deelneem. 

Affies se ruitersportspan het die afgelope paar jaar vinnig gegroei in grootte én prestasie en is een van die sportsoorte wat die skool se naam letterlik én figuurlik hoog hou. 

Kontakpersoon: Me Sanette Petracopoulos sanette.petracopoulos@ahmp.co.za 

Sportnuus

26 Affie-ruiters in die Gauteng Tshwane span opgeneem

26 Affie-ruiters in die Gauteng Tshwane span opgeneem

Die topvyf-puntemakers vir AHMP in die betrokke uitdunronde is as volg: Madison Botha met 1695 punte Sienna du Toit met…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.