Skip to content

Tennis

By AHMP is tennis nie net ‘n individuele sport nie, maar ook ‘n spansport waar elke speler op haar unieke manier bydra tot die sukses van Affie-tennis. Ons doelwit is om spelers tot hulle volle potensiaal te laat ontwikkel en ‘n liefde vir die sport te kweek.

Affies het vyf junior- en vyf seniorspanne, die meeste in die liga, wat in die Gauteng-Noord-skoleliga meegeding het. Spelers neem jaarliks deel aan die GN-skolekampioenskap, GN-mini’s, Grands Prix en Super 8’s, en kan kies uit verskeie oefengroepe – van beginners tot elite.

Affies neem deel aan toernooie soos die Groot 5 (Nelspruit), Gerrie Berner (Paarl), Amanda Coetzer (Bloemfontein), Absolut Menlo (Pretoria), BVK Bethlehem en die Pat Uys Tennis Festival (Eunice). Die Interskole teen Oranje Meisieskool en Paarl Gimnasium is hoogtepunte, en in 2025 sal ons na beide derby’s reis. Die All Girls Festival (Kaapstad) is ‘n spesiale gebeurtenis wat ander sport- en kultuursake insluit. Die Affie Gemengde Dubbelstoernooi, saam met ons boeties, beloof groot sukses.

Ons Afgri o.15-Prestige Toernooi in September bring die beste tennisskole van die land saam, waaronder Rhenish, Bloemhof, Paarl Girls, Oranje en Potchefstroom Gimnasium.

Affie-tennis se topprestasies in 2024-2025 sluit in:

  • Groot 5 Toernooi (Nelspruit) – silwer medalje
  • All Girls Festival – 3de plek
  • Oranje Naweek – o.15’s wen
  • Paarl Gimnasium – derby wen
  • Amanda Coetzer – o.15’s wen, Jessé de Villiers as beste speler, Daniella Loubser wen beste sportmangeestrofee
  • Gauteng-Noord – Jessé de Villiers en Diane de Jager in 2024-span, 5 spelers in 2025-span
  • SA-kleure – Jessé de Villiers in SA-span vir ITF/CAT o.16 Zonal Kampioenskappe

Spanne vir toernooie word op tennisranglys en toernooivereistes gekies deur die afrigter en organiseerder. 

Tennis by Affies is vir almal, of jy nou ‘n beginner of ‘n ster is!

 

Direkteur en hoofafrigter: Mnr. JP van der Merwe tennis@ahmp.co.za

Organiseerder: Me. Liesl de Beer liesl.debeer@ahmp.co.za

Sportnuus

Ons meisies is as algehele wenners aangewys

Ons meisies is as algehele wenners aangewys

Ons Affies het behoorlik gewys wat in hulle steek tydens die eerste Gauteng Skoleliga-wedren wat by Riversands Farm Village plaasgevind…
Tweelingkapteins maak geskiedenis!

Tweelingkapteins maak geskiedenis!

’n Groot mylpaal vir AHMP! Aniéke Theron (kaptein) en haar suster Chinélle Theron (onderkaptein) is pas aangewys as die leiers…
AHMP Derby 2025 – Sóos net ’n Meisieskool kan!

AHMP Derby 2025 – Sóos net ’n Meisieskool kan!

Ons susterskap met Oranje Meisieskool blom steeds ná 39 jaar — en vanjaar se Derby in Bloemfontein was onvergeetlik! ’n…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.