Blyspele
Blyspele is net nog een van die maniere waarop die leerders van AHMP die kans kry om hul talent op die verhoog te wys.
In 2016 het AHMP die geliefde Beauty and the Beast-musiekblyspel opgevoer, met ons eie orkes wat die musiek ondersteun het. Ná die reuse sukses het die skool in 2018 die treffende Sneeuwitjie en die sewe dwergies by die Staatsteater aangebied – weereens ‘n dawerende sukses.
In 2024 het AHMP die gewilde High School Musical op die planke gebring. Die musiekblyspel, wat van 9 tot 12 April by die Atterburyteater vertoon is, het die teater elke aand vol getrek. Die gehoor se spontane toejuiging en die reaksie op die komiese en soms hartseer tonele het getuig van die groot byval wat die produksie ontvang het.
Kontakpersoon:
Me. Alna Smit (alna.smit@ahmp.co.za)