Skip to content

Gholf

Affies-gholf bied leerders ‘n wye verskeidenheid kompetisies aan op Pretoria se top-gholfbane. Die skool neem jaarliks deel aan die Gauteng-Noord Skooledogtersliga in die derde kwartaal, en die belangstelling in gholf het oor die afgelope vier jaar drasties toegeneem. Ons streef daarna om elke leerder te help om haar volle potensiaal te bereik, en daarom word leerders ingeskryf vir verskillende ligas. 

Gholf is ‘n veelsydige sport by AHMP en bied geleenthede vir beide ervare en onervare spelers. 

ADDISIONELE TOERNOOIE: Ons neem deel aan verskeie toernooie, insluitend die Gauteng-Noord Hoërskole proewe en kwalifikasies vir SA-hoërskole. Ander toernooie sluit die Gauteng-Noord Hoërskole-spantoernooi en Uitdaagtoernooi in. 

Datums (onderhewig aan verandering): 

  • 17 Maart: GN Geslote Kampioenskappe (Dienste) 
  • 11 & 12 April: Paarl Gim 
  • 16 & 17 Mei: Oranje Meisieskool 
  • 28 Julie: GN Proewe (Wingate) 
  • 18 Augustus: GN Finale Proewe (Waterkloof) 
  • 20 Oktober: Spanuitdaagtoernooi (Irene) 

TOERE: 

  • AHMP Ope Gholftoernooi – 21-23 Augustus 
  • Gholftoer – 2-5 Oktober 
  • Prestige-skoletoernooi – 17-20 Oktober 

OEFENTYE: Spelers het dikwels hul eie afrigters, maar daar is ‘n ontwikkelingprogram vir diegene wat nie persoonlike afrigting het nie. (Kontak Mej Schwartz vir meer inligting.) 

KOSTES: Alleenlik toernooikoste en soms baanfooie. 

NAVRAE: 
Lize-Marie Schwartz (PGA Vlak 1) 
lizemarie.schwartz@ahmp.co.za 

Sportnuus

Ons meisies is as algehele wenners aangewys

Ons meisies is as algehele wenners aangewys

Ons Affies het behoorlik gewys wat in hulle steek tydens die eerste Gauteng Skoleliga-wedren wat by Riversands Farm Village plaasgevind…
Tweelingkapteins maak geskiedenis!

Tweelingkapteins maak geskiedenis!

’n Groot mylpaal vir AHMP! Aniéke Theron (kaptein) en haar suster Chinélle Theron (onderkaptein) is pas aangewys as die leiers…
AHMP Derby 2025 – Sóos net ’n Meisieskool kan!

AHMP Derby 2025 – Sóos net ’n Meisieskool kan!

Ons susterskap met Oranje Meisieskool blom steeds ná 39 jaar — en vanjaar se Derby in Bloemfontein was onvergeetlik! ’n…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.