Debat
By Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria leef, eet en droom ons Affie-leerders debat. Afrikaans lê “volrond in ons mond” (met apologie aan Laurika Rauch).
Debat: Affie Sukses
Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (AHMP) neem jaarliks deel aan twee nasionale debatskompetisies: die ATKV-debat en die Dink of Sink-kompetisie.
ATKV-Debat 2026
Skitterende nuus: Ons spanne dring deur na die landsfinaal!
Ons harte swel van trots met die nuus dat nie minder nie as twee van ons skool se spanne deurgedring het na die gesogte landsfinaal!
Hierdie nasionale kompetisie vind op 3 Augustus by die pragbestemming, ATKV-Klein-Kariba, plaas. Ons leerders het hard gewerk om hierdie uitsonderlike mylpaal te bereik.
Baie geluk aan die volgende spanne en leerders:
Juniorspan: Mila Holtzhausen, Milla Landman en Lienka Lambrecht.
Seniorspan: Sandy Prinsloo en Bea van der Merwe.
Ons wens albei spanne die allerbeste toe vir die finale rondte. Julle het reeds bewys dat julle uitblinkers is, en die hele skoolgemeenskap staan bankvas agter julle!
Hoogtepunt 2025
Een van die hoogtepunte in 2025 en weer vanjaar op die agenda sal wees is die “Spoedontmoet by blitsdebat met die seuns oorkant die pad”. Dit was ‘n prettige geleentheid, waar die dogters die aand saam met AHS-seuns spanne gevorm het en aan blitsdebatte deelgeneem het. Almal het dit baie geniet en dit was ‘n goeie manier om bande te vertsterk en debat saam te geniet.
Debatklub en Dogterspanne
In 2024 is ‘n debatklub vir dogters gestig, wat twee gesellige debataande gehou het en ‘n groot sukses was. Die klub het in 2025 voortgegaan om ‘n platform vir dogters te bied om hul redenaars- en debatvaardighede te ontwikkel.
Kontak persoon:
Mev Lise-Mari Roodt lisemari.roodt@ahmp.co.za
Kultuurnuus
PTA Public Speaking Festival | Semi-Final Results
Our speakers once again impressed with confidence, poise, and exceptional talent at the PTA Public Speaking Festival semi-finals. We are…
Spanredenaars
Die ATKV Digi-spanredenaars van graad 11 — Heide Potgieter, Lisa Ferreira, Megan Naudé en Nicole White — is as nasionale…
AHMP-debat verf die Kaap blou!
Vier van AHMP se debatspanne het die ATKV-landsfinaal gehaal – ’n besonderse prestasie. Ons juniorspan (Ilnah van Wyk, Janita Labuschagne…














