Uit die argiewe
Ou foto’s, staaltjies, briewe, dokumente, sertifikate, eksemplare van skoolkoerante en ander historiese dokumente bied vir ons ʼn waardevolle blik op AHMP se geskiedenis.
Het jy ou staaltjies of foto’s?
As jy ‘n oud-Affie is en afkom op enige geskiedkundige inligting wat vir die skool se argiewe van waarde kan wees, soos ou foto’s, dokumente, jaarblaaie ensovoorts, laat ons asseblief weet! Stuur vir ons e-pos na bemarker@ahmp.co.za.

Eeufeesblad: Eenhonderd jaar van uitnemendheid
Die skool het ʼn ryk geskiedenis van hoogte- en laagtepunte; staaltjies en geheime; avonture en tragedies; uitdagings van die tye wat oorkom moes word. Baie van dié geskiedenis is vir die skool se eeufeesviering in 2020 opgeteken in ʼn eeufeesgedenkbundel. Bestel jou eksemplaar hier.


Stroom-op: Skoolgeskiedenis deur die oë van die leerders
Ou weergawes van die Stroom-op, die skool se koerant sedert Mei 1969, bied ʼn betowerende kykie op skool gebeure soos leerders dit deur die dekades gesien en verwoord het. Dié uitgawes is steeds in die skool se argiewe beskikbaar.