Skip to content

Vierskolekonsert en -kunsuitstalling

Die vier enkelgeslagskole in Pretoria, Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, Die Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria, Pretoria High School for Girls en Pretoria High School for Boys bied jaarliks die Vierskolekonsert en -kunsuitstalling aan. Dié konsert is reeds sedert 1991 ‘n tradisie. Elke skool kry al om die vier jaar ‘n beurt om gasheer of gasvrou van dié konsertreeks en kunsuitstalling te wees.

Tydens die konsert deel 600 leerders die verhoog vir ‘n hoendervleiservaring. Die skole se kore en orkeste tree eers elkeen individueel op, waarna kore en orkeste wat saamgestel is uit ‘n kombinasie van die vier skole se koor- en orkeslede die verhoog deel.

Wat dié konsert nog meer besonders maak, is dat die leerders in slegs enkele weke voor die Vierskolekonsert begin om die musiek in te oefen, en slegs enkele gesamentlike oefensessies het voor optredes ‘n aanvang neem. Kaartjies vir die Vierskolekonsert verkoop soos soetkoek uit – en met reg, want dis inderdaad die beste skolemusici en -stemme van Pretoria wat tydens hierdie konsertreeks te sien en te hoor is.

Tydens die Vierskolekonsertreeks word daar ook ‘n kunsuitstalling gehou van die werk van die skole se beste kuns- en ontwerpleerders. Die talent wat by dié kunsuitstalling ten toon gestel word se gelyke sal ‘n mens nie sommer op skoolvlak iewers anders kry nie.

Die Vierskolekonsert word gewoonlik jaarliks in die derde kwartaal aangebied. Hou gerus die vier skole se sosiale media dop om te sien wanneer kaartjieverkope open. 

Kultuurnuus

Senior Koor na ATKV-Applous 2025-finaal

Senior Koor na ATKV-Applous 2025-finaal

Die AHMP-senior koor is gekies om aan die ATKV-Applous 2025-finaal deel te neem! Uit 292 inskrywings landwyd is net ’n…
15 redenaars dring deur na landsfinaal!

15 redenaars dring deur na landsfinaal!

AHMP is ongelooflik trots op 15 leerders wat deurgedring het na die landsfinaal van die redenaarskompetisie – ’n prestasie wat…
AHMP-orkes blink uit by Pretoria Eisteddfod

AHMP-orkes blink uit by Pretoria Eisteddfod

Die AHMP-orkes is as beste jeugorkes by die gesogte Pretoria Eisteddfod aangewys! Onder leiding van mnr. Eddie Clayton het die orkes…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.