Skip to content

Netbal

Daar bestaan geen twyfel dat netbal gróót is in Affies nie. Ons 28 spanne is gedugte teenstanders in netbalwedstryde en -toernooie en lewer sonder uitsondering skouspelagtige spel. Talent word ontwikkel onder die bekwame leiding en spanwerk van Direkteur me. Yolandi Ferreira en Hoofafrigter me. Nicole Schuld.

Affies neem nie net aan die plaaslike ligas en kampioenskappe deel nie, maar ook aan verskeie toernooie: ons eie Affie-prestige netbaltoernooi, die Paarl Gim- en Oranje-Derbies, die Pietersburg netbal-toernooi en die Diamantveld-sportnaweek. Die eerste span en die o/16A-span neem ook aan die Wildeklawer-toernooi deel.

Sedert 2010 was AHMP se eerste span nege keer die SA-kampioene; die o/14A-span vier keer; die o/15A-span ook vier keer en die o/17A-span twee keer.

Tydens 2024 word Affies se 1ste span weer gekroon as Suid Afrika se beste netbalspan.

Affie-netbalspelers verwerf ook jaarliks provinsiale en nasionale kleure. Tussen 2000 en 2019 het agt dogters Protea-spanne gehaal: Xania van der Walt in 2020, Nicci Oosthuizen in 2021 en Izelle Gräbe in 2022.

Nog ‘n bewys van die gehalte afrigting by AHMP is die groot aantal oudleerlinge wat as Protea-spelers gekies is:

  • Eldené Bishoff: o/21-Protea-netbalspan 2007 – 2009
    Vanes-Mari du Toit: o/21-Protea-netbalspan 2009 – 2011 en Protea-netbalspan 2011 – 2019
    Izette Griesel: Protea-netbalspan sedert 2015 – 2023
    Marlize de Bruin: Fast 5-Protea-netbalspan 2016
    Chante Louw: President 12-netbalspan 2018
    Danielle van Zyl: o/21-Protea-netbalspan 2019 – 2020
    Nicci Ooshuizen: o/21-Protea-netbalspan 2021
    Zané Bodenstein: o/19-Protea-netbalspan 2022
  • Jaime Matfield is in die top-15 Baba Protea-span opgeneem wat in 2025 in Gibraltar gaan deelneem. Amia Roux is in die top-20-oefengroep van die Baba Proteas opgeneem.

Oud Affie Nicci Oosthuizen, pronk met ’n besonderse stukkie geskiedenis. Dié 2021-matriekleerling, is die eerste skolier wat in die Suid Afrikaanse o/21-netbalspan se oefengroep ingesluit is.

Netbaldirekteur: yolandi.ferreira@ahmp.co.za en hoofafrigter: me. Nicole Schuld nicole.schuld@ahmp.co.za

Sportnuus

Ons meisies is as algehele wenners aangewys

Ons meisies is as algehele wenners aangewys

Ons Affies het behoorlik gewys wat in hulle steek tydens die eerste Gauteng Skoleliga-wedren wat by Riversands Farm Village plaasgevind…
Tweelingkapteins maak geskiedenis!

Tweelingkapteins maak geskiedenis!

’n Groot mylpaal vir AHMP! Aniéke Theron (kaptein) en haar suster Chinélle Theron (onderkaptein) is pas aangewys as die leiers…
AHMP Derby 2025 – Sóos net ’n Meisieskool kan!

AHMP Derby 2025 – Sóos net ’n Meisieskool kan!

Ons susterskap met Oranje Meisieskool blom steeds ná 39 jaar — en vanjaar se Derby in Bloemfontein was onvergeetlik! ’n…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.