Skip to content

Affie-Artes

Affie Artes vier 32 jaar van kultuur en kreatiwiteit! 

Die Affie Artes is ’n unieke interne kultuurfees en -kompetisie wat jaarliks in die derde kwartaal by die Afrikaanse Hoër Seunskool en Meisieskool aangebied word. Hierdie jaar is ekstra spesiaal – die Affie Artes vind vir die 32ste keer plaas!

Sedert die ontstaan in 1994, toe twee passievolle onderwysers – mnr Deon du Plessis (AHS) en mev Ina van Schalkwyk (AHMP) – die droom begin het, het die Affie Artes gegroei tot ’n hoogtepunt op die skoolkalender.

Tydens die fees kry honderde leerders die kans om hul uiteenlopende kultuurtalente te deel – van musiek en drama tot dans, skryfwerk en visuele kunste. Dit is ’n viering van kreatiwiteit, selfuitdrukking en die ryk kultuurlewe wat Affies so uniek maak.

 Affie-Artes: Waar Talent Vlerke Kry
Verlede jaar se gewilde Affie-Artes het onder die treffende tema “Brûe” plaasgevind. Hierdie kultuurfees bied jaarliks aan seuns en dogters die ideale geleentheid om hul unieke talente in ‘n verskeidenheid kategorieë te ontdek en te slyp.
 
Die fees bied iets vir almal:
 

Sjefs en Baaskokke: Vir die kosliefhebbers is daar uitdagings in bak, koekversiering, asook die potjiekos- en braaimeester-kompetisies.

Woord- en Taalkuns: Talentvolle skrywers en taalliefhebbers kan “kragte meet in kreatiewe skryfwerk, gedramatiseerde werk, redenaars en toneel. Daar is selfs ‘n uitnodigende afdeling vir vreemde tale soos Frans en Duits.

Musiek: Musikale leerlinge wat met hul stemme of instrumente wil woeker, kry die kans om aan ‘n wye reeks vokale en instrumentale items deel te neem.
 
Visuele Kuns en Dans: Leerlinge kan inskryf vir dans (alle genres) of hul kreatiwiteit uitleef in visuele kuns, insluitend tekenkuns, fotografie, skilderkuns en die immergewilde sypaadjiekuns.

Die Gala-aand: ’n Glansryke Hoogtepunt
Die Affie-Artes weerspieël ‘n ryk skatkis van talent, wat pragtig saamgevat word tydens die jaarlikse gala-aand. Hierdie spoggeleentheid bestaan uit ‘n fyn gebalanseerde program wat deur die organiseerders uit al die verskillende kategorieë saamgestel word. Let wel: kategoriewenners tree nie outomaties tydens die gala-aand op nie.
Die absolute hoogtepunt van hierdie glansaand is die aankondiging van die gesogte Junior en Senior Artes Victrix Artium-wenners. 
 

Kontakpersoon: Mev Antoinette Nel antoinette.nel@ahmp.co.za 

Kultuurnuus

Masquerade (Agter die masker)

Masquerade (Agter die masker)

Ons nooi graag almal uit na Masquerade: Agter die masker, ons jaarlikse retrospektiewe kunsuitstalling wat die Visuele Kunste en Ontwerp…
Klank & Kleur

Klank & Kleur

Volg die skakel om kaartjies te koop: https://skakel.ahmp.co.za/klank-en-kleur-26
Pienkweek

Pienkweek

Van 13 – 17 Oktober vier Afrikaanse Hoër Meisieskool ons jaarlikse Pienkweek – ’n week van hoop, bewustheid en omgee.…

Kontak Ons

Kontak ons gerus met enige vrae of as u meer inligting benodig.