Bergfietsry
Vars lug, uithouvermoë, tegniese vaardighede en pret – dit is net enkele van die vreugdes van bergfietsry!
Affies se bergfietsryspan bestaan uit 40 talentvolle ryers, wat elk hard werk om ‘n plek in die eerste span te behaal, of eenvoudig vir die pret en punte deel te neem.
In 2025 neem die span deel aan vyf verpligte wedrenne as deel van die Cycle Lab Hoërskoleliga Gauteng. Wedrenne word in ouderdomsgroepe aangebied, en ons meisies het uitstekend presteer.
BERGFIETS – 2025 Gauteng Skoleliga
Ons Affie-bergfietspan het geskiedenis gemaak!
* Wenners in die damesafdeling
* Algehele kampioene (gemengde skole ingesluit)
Vir die eerste keer nóg in die geskiedenis van die skoleliga word ’n meisieskool as die algehele kampioene aangewys!
Ons is ongelooflik trots op hierdie span wat grense verskuif en nuwe hoogtes bereik het!
Die span word afgerig deur die professionele mnr. Pieter Boshoff.
Kontakpersone:
Organiseerder: Me. Mariëtte Pienaar (mariette.pienaar@ahmp.co.za)
Afrigter: Mnr. Pieter Boshoff (pb0795223219@gmail.com / 079 522 3219)

















