Bergfietsry
Vars lug, uithouvermoë, tegniese vaardighede en pret – dit is net enkele van die vreugdes van bergfietsry!
Affies se bergfietsryspan bestaan uit 40 talentvolle ryers, wat elk hard werk om ‘n plek in die eerste span te behaal, of eenvoudig vir die pret en punte deel te neem.
In 2024 neem die span deel aan vyf verpligte wedrenne as deel van die Cycle Lab Hoërskoleliga Gauteng. Wedrenne word in ouderdomsgroepe aangebied, en ons meisies het uitstekend presteer, waar hulle die kampioene in die damesafdeling geword het.
Die span word afgerig deur die professionele mnr. Pieter Boshoff.
Kontakpersone:
Organiseerder: Me. Mariëtte Pienaar (mariette.pienaar@ahmp.co.za)
Afrigter: Mnr. Pieter Boshoff (pb0795223219@gmail.com / 079 522 3219)
Sportnuus
Ons meisies is as algehele wenners aangewys
Ons Affies het behoorlik gewys wat in hulle steek tydens die eerste Gauteng Skoleliga-wedren wat by Riversands Farm Village plaasgevind…
Tweelingkapteins maak geskiedenis!
’n Groot mylpaal vir AHMP! Aniéke Theron (kaptein) en haar suster Chinélle Theron (onderkaptein) is pas aangewys as die leiers…
AHMP Derby 2025 – Sóos net ’n Meisieskool kan!
Ons susterskap met Oranje Meisieskool blom steeds ná 39 jaar — en vanjaar se Derby in Bloemfontein was onvergeetlik! ’n…
